Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

As jou volwasse hond (ouer as 1-jaar) fiks, gesond en gelukkig is, is hierdie die hondekos vir hom. Acana Classic Prairie Poultry vir honde is belaai met voedsame proteïene wat daagliks vars by Acana se kombuise afgelewer word. 

Acana Classic Prairie Poultry - Biologies-Geskikte Hondekos

R 910
wasR 958StoorR 48

Beskikbare opsies

Grootte
Vervaardig deur: Acana
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 171 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 171 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 34. Sien ons lojaliteitsprogram

Vandag se honde is nes hul voorouers, die Gryswolf, gebou en Acana glo daarin dat jou hond ook soos sy voorouers moet eet. Acana se Classic Prairie Poultry is Biologies-geskik en bevat geen sintetiese aanvullings nie.

Wat is Acana Classic Prairie Poultry Hondekos?

Acana Prairie Poultry is 'n heerlike, hoë-proteïen hondekos vir jou volwasse hond ouer as 1 jaar.  

Hoekom moet ek Acana Classic Prairie Poultry Hondekos koop?

Acana Classic Prairie Poultry Hondekos is heerlik en het net die regte ratio bestanddele om jou hond gesond, gelukkig en fiks te hou. Al Acana se kos is baie hoog in proteïene, baie laag in koolhidrate en het net die regte hoeveelheid groente, vrugte en plantaftreksels.

Watter bestanddele word in Acana Classic Prairie Poultry Hondekos gebruik?

Acana Classic Prairie Poultry is oorlaai met vryloophoender en -kalkoen en nesgelêde eiers. Dit bevat slegs 6 aanvullings: Vitamiene A, B5, D3, E, cholien en sink. Al die res wat jou hond mag nodig hê, word deur die bestanddele voorsien. 

Van watter ouderdom af kan my hond Acana Classic Prairie Poultry Hondekos eet?

As jou hond ouer as 1 jaar is, kan hy Acana Classic Prairie Poultry Hondekos eet.

Wat bevat Acana Classic Prairie Poultry Hondekos?

Acana Classic Prairie Poultry hondekos is belaai met 50% vleis, omtrent twee keer meer as meeste van die gespesialiseerde hondekosse.

Vryloophoender - Heelprooi (Wholeprey) ratio - vleis, lewer, hart, niere en kraakbeen.

Vryloopkalkoen - Heelprooi (Wholeprey) ratio - vleis, lewer, hart, niere en kraakbeen.

Nesgelêde eiers - heel en vars vanaf die plaas.

Daar is geen sintetiese aanvullings in die natuur nie en wilde diere kry hul voedingstowwe in deur heel prooidiere te eet: spiervleis verskaf proteïene; lewer, niere en afval verskaf vitamiene en minerale; been en kraakbeen verskaf kalsium en fosfor. 

Acana Classic Prairie Poultry hondekos bevat slegs 6 aanvullings: Vitamiene A, B5, D3, E, cholien en sink. Al die res wat jou hond mag nodig hê, word deur die bestanddele voorsien. 

Plantaftreksels sluit in: Sigoreiwortel, borrie, melkdistel, klitskruidwortel, laventel, kaaskruid en roosbottel.

Wat maak Acana anders as ander troeteldierkosmaatskappye? 

Champion Petfoods maak Biologies-Geskikte hondekos van vars plaaslike bestanddele. Hulle missie verteenwoordig 'n nuwe standaard in hondekos deur honde op twee maniere te voed: Eerstens, na gelang van honde se natuurlike evolusie tot 'n vleisgebaseerde dieet; en tweedens, deur gebruik te maak van volhoubare bestanddele wat deur plaaslike verskaffers geoes word en daagliks by hul kombuise afgelewer word. 

Wat is die beste manier om jou Acana Classic Prairie Poultry hondekos te stoor?

Acana Classic Prairie Poultry hondekos moet altyd in 'n koel en droë plek gebêre word. Moenie die sak op die vloer hou nie, om sodoende potensiële besmetting te voorkom. As jy 'n emmer of 'n blik gebruik, moet jy die hondepille in die oorspronklike verpakking hou en bêre die hele sak in die blik of emmer. Moenie die kos uit die verpakking binne-in die emmer gooi nie. 

In watter grootte verpakking is Acana Classic Prairie Poultry hondekos beskikbaar?

Acana Classic Prairie Poultry hondekos is beskikbaar in sakke van 340 g, 2 kg, 6 kg, 11.4 kg en 17 kg.

Word Acana Classic Prairie Poultry Hondekos deur Veeartse aanbeveel?

Acana Classic Prairie Poultry hondekos word deur veeartse aanbeveel.