Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Acana formuleer verskeie hondekosse wat geskik is vir alle honderasse. Acana Singles Vrylopende-eend hondekos het beperkte bestanddele en is biologies geskik vir jou beste hondemaat. 

Acana Singles Vrylopende-eend hondekos bevat 50% eend, ‘n enkele maklik verteerbare diereproteïen wat perfek is vir dieet-sensitiewe honde van alle rasse tydens alle lewensfases.

Acana Singles Vrylopende-Eend Biologies-geskikte Hondekos vir Alle Honderasse

R 1 533
wasR 1 613StoorR 80

Beskikbare opsies

Grootte
Vervaardig deur: Acana
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 153 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 153 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 31. Sien ons lojaliteitsprogram

Sekere proteïene of koolhidrate kan 'n reaksie op 'n hond se vel of in die immuniteitstelsel veroorsaak. 'n Beperkte-bestanddeel hondekos word dikwels van alternatiewe vleisproteïene gemaak, bv. salm, kalkoen of eend. Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos bevat ‘n enkele proteïen en hoogs beperkte koolhidrate wat hierdie kos perfek vir jou sensitiewe hond maak.

Wat is Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos?

Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos Hondekos is 'n unieke beperkte-bestanddeel en biologies-geskikte dieet wat perfek gepas is vir sensitiewe of kieskeurige honde tydens alle lewensfases.

Hoekom moet ek Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos koop?

Die dieetanatomie van vandag se honde is dieselfde as hul wilde familie s'n, die wolf, en hul dieetbehoeftes is dus dieselfde.

Acana-produkte sluit ryk voedsame vleis in om jou hond se evolusionêre dieet na te boots. Dit bevat nie hoë-glukemiese koolhidrate, groenteproteïene, sintetiese bymiddels of enige iets anders wat Moeder Natuur nie vir jou hond bedoel het om te eet nie.

Watter voedingstowwe word in Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos gebruik?

  • Enkele Diere-proteïen, vrylopende eend, bevorder gesonde ontwikkeling van spiere asook ‘n gesonde vel.

  • Heel Prooi - uitstekende kos vir jou hond, vars vleis, organe asook kraakbeen wat voedingstowwe voorsien soos noodsaaklike aminosure, vitamiene en minerale, verminder natuurlik die behoefte vir sintetiese aanvullings.

  • Beperkte Koolhidrate - Vinnige koolhidrate soos graan wat met lae-glukemiese vrugte en groente vervang is wat energie verskaf asook ‘n gesonde vel en pels bevorder.

  • Gevul met vries-gedroogde lewer om die kieskeurige eters aan te lok.

  • Vars pere, skorsie asook pampoen wat ‘n ryk bron van vesel voorsien om die sensitiewe magies te vul.

Wat maak Acana anders as ander troeteldiermaatskappye?

Baie verskaffers wat hondekos verkoop sê dat hulle kos vars is, alhoewel hulle die kos in 25kg blokke vries om dit makliker te maak om te stoor. Hierdie vleis word dikwels verskeie kere ontdooi. Die vleis is baie keer al ‘n paar maande oud voordat dit in hondekos gebruik word.

Acana se bestanddele sluit die volgende in: vrylopende pluimvee, eiers wat in neste gelê word, vleis van diere wat plaaslik groot gemaak word,  wilde visse wat gevang word, vrugte en groente wat in die son ryp geword het wat plaaslik geoes word. Al hierdie bestanddele is selfs geskik vir mense om in te neem en dit word vars by Acana se bekroonde kombuise afgelewer, vry van preserveermiddels en gevul met smaaklikheid.

Wat is die beste manier om Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos te stoor?

Stoor jou hond se kos op ‘n koel, droë plek. Sodra jy die sak oopgemaak het, plaas die hele sak met die inhoud in ‘n drom of houer. Die kos moenie direk op die betonvloer gestoor word nie want daar is vog op die vloer en dit kan muf veroorsaak as dit in kontak kom met die sak. As jy dit in jou motorhuis gaan stoor, maak seker dat jy dit op ‘n rak stoor weg van die vloer af. 

In watter verpakkingsgroottes is Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos beskikbaar?

Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos is beskikbaar in 'n 340 g, 2 kg, 6 kg asook ‘n 11.4 kg sak.

Word Acana Singles Vrylopende-Eend Hondekos deur veeartse aanbeveel?

Ja, dit word aanbeveel deur veeartse.