Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Vanuit Kanada kom ’n vars en preserveervrye hondekos vir kleinrashonde ouer as een jaar. Acana Small Breed word van skrophoenders en plaaseiers gemaak. Honde is natuurlike karnivore en daarom moet hulle dieet ryk aan goeie vleis wees. 

Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde is 'n primium droë hondekos vir volwasse kleinrashonde met 'n 60% vleis- en visinhoud. Hierdie smaaklike pille is ryk aan vars plaaslike bestanddele en is 100% gluten- en koringvry. 

Acana Heritage Biologies-geskikte Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde

R 718
wasR 756StoorR 38

Beskikbare opsies

Grootte
Vervaardig deur: Acana
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 136 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 136 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 27. Sien ons lojaliteitsprogram

Acana is 'n biologies-geskikte hondekos wat die kwantiteit, varsheid en verskeidenheid van vleis ewenaar wat die natuur honde leer eet het. WholePrey (heelprooi) is uitstekende kos vir honde en bestaan uit vleis, organe en kraakbeen. Die organe bevat amper elke voedingstof, insluitend Vitamien B. Niere, lewer en afval is gevul met minerale, fosfor, yster, koper, magnesium en jodium, en voorsien belangrike vetoplosbare voedingstowwe soos vitamien A, E, D en K.

Wat is Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde?

Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde is 'n uitstekende primiu droë hondekos wat spesifiek geformuleer is om aan jou volwasse kleinrashond se behoeftes te voorsien.

Hoekom moet ek Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde koop?

Moeder-Natuur het bedoel dat honde lief sal wees vir 'n verskeidenheid van vleis en dat hulle hulle dieet sal aanvul met kleiner hoeveelhede vrugte, groente en grassoorte. Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde is gevul met die lekkerte van skrophoenders en plaaseiers vanaf die plaaslike Kanadese plase.

Acana is 'n bekroonde maatskappy, weens hulle volhoubare praktyke en hulle spesiale aandag aan kwaliteit en varsheid. Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde is eksklusief geproduseer in hulle eie kombuise - daar is geen uitkontraktering nie en hulle gebruik hoë-tegnologiese prosesse om die natuurlike voedingstowwe in die vars bestanddele te preserveer. Acana se samewerking met plaaslike Kanadese boere en vissermanne wat in harmonie saam met die natuur werk, verseker veiligheid, betroubaarheid, kwaliteit asook varsheid.

Watter bestanddele word in Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde gebruik?

Die bestanddele in Acana se kos is so natuurlik heerlik en van hoë kwaliteit, dat daar geen rede is om die kos met kunsmatige bymiddels aan te vul nie.

  • Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde bevat 60% diereproteïen waarvan 'n derde uit vars vleis bestaan (vrylopende pluimvee, wildgevangde vis en heel eiers) - meer as geskik vir menslike inname.

  • Die groente word in die son rypgemaak en al hulle bestanddele word elke dag vars afgelaai om te verseker jou hond kry 'n gebalanseerde en voedsame ete.

  • Die klein hoeveelheid koolhidrate (lensies en ertjies) wat in die kos teenwoordig is, het 'n lae glukemiese indeks wat jou hond se optimale fisiese kondisie bevorder en help om vetsug asook diabetes te voorkom.

  • Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde bevat geen aartappels, tapioka of graan nie. Dit is vry van gluten en koring.

Van watter ouderdom af kan ek vir my hond  Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde voer?

Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde is geskik vir kleinrashonde wat ouer as 1 jaar is en wat tot en met 10 kg weeg.

Waaruit bestaan Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde?

  • 60% - 75% vleis. Belaai met proteïene - vars vrylopende hoender, wildgevangde vis en graad A plaaseiers.

  • Heelprooi - Superkos vir honde - vars vleis, organe en kraakbeen voorsien die voedingstowwe op 'n natuurlike manier om die behoefte aan sintetiese aanvullings te verminder.

  • Gevul met vrugte en groente, nooit gevries nie en bevat geen preserveermiddels nie.

  • Ryk aan proteïene en laag in koolhidrate om ooreen te stem met jou hond se natuurlike dieet en dit is ook vry van hoë glukemiese grane.

  • Gegeur met seebron Omega 3 (DHA en EPA) om die immuniteitstelsel te ondersteun en te sorg vir 'n weelderige vel en pels.

  • Bevat organiese seegroente asook botaniese voedingstowwe om die metabolisme 'n hupstoot te gee, terwyl dit jou hond se spysverteringstelsel versorg.

Wat maak Acana anders as ander troeteldierkosmaatskappye?

Acana se biologies-geskikte hondekos word van vars plaaslike bestanddele van begin tot einde in hul eie bekroonde kombuis gemaak. Hul missie verteenwoordig 'n nuwe standaard in hondekos, geformuleer om hondekos op twee maniere te verryk: Eerstens, volgens 'n hond se karnivoriese natuur met 'n dieet ryk in vleis en proteïene; en tweedens om produkte te gebruik wat volhoubaar deur plaaslike boere en vissers verskaf word.

In watter verpakkingsgroottes is Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde beskikbaar?

Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde is beskikbaar in 340 g, 2 kg asook 6 kg sakke.

Word Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde deur veeartse aanbeveel?

Ja, Acana Heritage Hondekos vir Volwasse Kleinrashonde word deur veeartse aanbeveel.

ProdukeienskappeVoedingsvoordele
Ryk aan Verskeidenheid Vleis

60% vars vrylopende hoender, wildgevangde vis en Graad A eiers – alles geskik vir menslike inname. Dit is nooit gevries of verwerk nie en word daagliks vars en preserveervry afgelewer.

20% Vars Plaaslike Vrugte & GroenteBelaai met 20% van gesonde groente en vrugte – vars, nooit gevries nie, geen preserveermiddels nie. 
Laag in Glukemie en Koolhidrate

Ryk aan proteïene en laag in koolhidrate om met jou hond se natuurlike dieet ooreen te stem. Dit is vry van hoë glukemiese grane soos rys en mielies. 

Weelderige Vel & Pels

Gevul met seebron Omega 3 (DHA, EPA) om die immuniteitstelsel en 'n weelderige vel en pels te handhaaf. 

Verhoogde Metabolisme

Bevat organiese seegroente en plantaardige voedingstowwe om die metabolisme n hupstoot te gee terwyl die sensitiewe spysverteringstelsel versterk word.

Nes jy, is jou hond 'n unieke individu en sy voedingsbehoeftes sal wissel volgens sy ras, omgewing, ouderdom en aktiwiteitsvlak.

Ons stel daarom voor dat jy die tabel as ‘n beginpunt gebruik, jou hond se gewig monitor en sy rantsoenering aanpas soos nodig. Onthou om hom twee keer per dag kos te gee en maak seker dat hy altyd skoon en vars water het.

Wanneer ‘n dieet verander word, is dit belangrik om jou hond te help met die oorgang, siende dat sy spysverteringsisteem by die ryker voedingsvlakke van ACANA moet aanpas.  Oor ‘n tydperk van 5 – 7 dae, kan jy elke dag ‘n bietjie meer ACANA byvoeg, totdat jy op dag sewe 100 % ACANA gee.

Hond se Gewig

AktiefMinder Aktief
2 kg60 g30 g
5 kg90 g60 g
7 kg120 g90 g
10 kg160 g120 g

Gedehidreerde Hoender (33%), Steel-Cut Hawermout, Vars Hoender (10%), Vars Aartappels, Ertjies, Hoendervet (7%), Vars Heel Eier (3%), Vars Vis (3%), Songedroogde Lusern, Vars Hoenderlewer (2%), Haringolie (2%), Ertjievesel, Heel Appels, Heel Pere, Patats, Pampoen, Botterskorsie, Witwortels, Wortels, Spinasie, Bosbessies, Bloubessies, Seewier, Sigoreiwortel, Jenewerbessie, Engelkruidwortel, Gousblomme, Soet Vinkelblom, Pepermentblaar, Laventel.

Geanaliseerde Bestanddele:


Voedingstof / BestanddeelVoedingstof / Bestanddeel
Ruproteïen (min.)32%- LA2.3%
Ruvet (min.)19%Omega 3 (min.)0.9%
Ruvesel (max.)4%DHA (min.)0.4%
Vog (max.)10%EPA (min.)0.4%
Kalsium (min.)1.7%Omega-6: Omega-3 ratio2:8:1
Fosfor (min.)1.1%Glukosamien (min.)1400 mg/kg
Kalsium : Fosfor Ratio1.5:1Kondroïtiensulfaat (min.)900 mg/kg
Omega-6 (min.)2.5%