Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Sommige honde se verteringstelsels is baie sensitief en hulle het voedsel nodig wat maklik sal verteer, sonder om irritasie te veroorsaak. Eukanuba se lam-en-rys-korrels vir volwasse grootrashonde is geskik vir senstitiewe honde tussen 25 - 40 kg en ook vir reusehonde wat meer as 40 kg weeg.

Eukanuba Dog Food for Large and Giant Breed Adults with sensitive digestive systems with Lamb and Rice

R 956
wasR 1 006StoorR 50

Beskikbare opsies

Grootte
Vervaardig deur: Eukanuba
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 95 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 95 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 19. Sien ons lojaliteitsprogram

Lamsvleis is maklik verteerbaar en hierdie voedingsryke proteïenbron is beslis geskik vir jou hond se sensitiewe maag en vel. Jou troeteldier sal geen ongemak verduur nie en sal versadig en tevrede voel met Eukanuba se lam-en-rys-formule. Dit het ook die nodige vitamiene, minerale, proteïene, vet en stysel vir maer sterk spiere, goeie sterk bene en gesonde vel en pels. Jou hond trek verder voordeel uit Eukanuba se FlexMobility – ’n gewrigsinstandhoudingstelsel in die hondekos – wat help om die kraakbeen in die gewrigte te onderhou en die druk daarop te verminder. Minder vet en optimale gewigsbeheer sal help dat daar minder druk op die gewrigte is. Jy kan houtgerus wees met die maatskappy se verbintenis tot hoë gehalte bestanddele. Veeartse het gehelp om Eukanuba se Adult Large breed met rys-en-lamsgeur te ontwikkel en hierdie droë kos word deur die telers van grootrashonde, soos Duitse Herdershonde, Labradors en Rottweilers aanbeveel. Die kos bevat ingeboude 3D DentaDefence-tegnologie wat help om jou hond se tande gesond te hou en antioksidante vir 'n beter weerstand.

Verwante produkte