Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Jy kry jou kat wat nou en dan vol fiemies is - wat so terloops ’n kenmerk van meeste katte is - en dan kry jou jou ware neus-optrekkerige kat wat die koning of koningin van fiemies is! Daar is egter hoop vir elke fiemieserige kat daarbuite. Fiemieskat, as jy ouer as ’n jaar is, dring aan op Royal Canin Feline Exigent 35/30.  

Royal Canin Feline Exigent 35/30

R 433
wasR 455StoorR 22

Available options

Grootte
Vervaardig deur: Royal Canin
Deur hierdie produk te koop versamel jy tot 80 lojaliteitspunte versamel. Jou mandjie se totaal is 80 lojaliteitspunte versamel wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 16. Sien ons lojaliteitsprogram

Royal Canin Exigent is nie net ’n smaaksensasie nie, die vindingryke vervaardigers het twee verskillende soorte katpille in die kossak gegooi, sodat Meneer Kieskeurig presies net dit kan doen – kies en eet die een waarvan hy die meeste hou. Royal Canin noem dit die "hoogste aanvaardingskoers" en spog ook met gemaklike vertering en ideale gewigshandhawing.  Die kospil is ontwerp vir katte wat gevoelig is vir tekstuur. Moenie jou kat se koskunde onderskat nie – hy weet van grootte, smaak en tekstuur - en boonop het elke kat nog sy eie hoogs individuele smaak ook! Exigent is ’n volledige dieet vir volwasse katte vol fiemies en beloof om selfs jou veeleisendste kat met smaak aan die eet te kry.