Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Ja, ons almal het dit al gesien en dit is walglik! Honde wat ander honde of katte se ontlasting eet is 'n algemene verskynsel. Afrivet Copronat is 'n veilige, natuurlike aanvulling wat meeste honde sal keer om ontlasting te eet.

Afrivet Copronat Natuurlike Voedselaanvulling - Voorkom dat Honde Ontlasting eet en help Honde met Winderigheid

R 442
wasR 465StoorR 23

Beskikbare opsies

Grootte
Vervaardig deur: Afrivet
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 44 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 44 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 9. Sien ons lojaliteitsprogram

Koprofagie is die term wat gebruik word vir die eet van ontlasting. Wanneer 'n hond sy eie ontlasting eet word dit auto-koprofagie genoem; wanneer 'n hond 'n ander hond se ontlasting eet, word dit intra-spesifieke-koprofagie genoem; en wanneer 'n hond die ontlasting van 'n ander spesie eet, bv. dié van 'n kat, word dit inter-spesifieke-koprofagie genoem. 

Wat is Afrivat Copronat Natuurlike Voedselaanvulling?

Afrivat Copronat is 'n natuurlike voedselaanvulling met Yucca schidigera-ekstrak, wat daarvoor bekend is dat dit koprofagie beheer en die aanstootlike reuk, wat met windergheid onder beide honde en katte geassosieer word, wegvat.

Hoekom moet ek Afrivat Copronat Natuurlike Voedselaanvulling koop?

Yucca Schidigera-Ekstrak (YSE) verander die smaak van ontlasting sodanig, dat honde dit onaangenaam vind om te eet.

Geen verleë oomblikke meer wanneer jou troeteldier ontlasting eet terwyl jou gaste hulle lieflike ete geniet nie.

Watter bestanddele is in Afrivat Copronat Natuurlike Voedselaanvulling?

  • Yucca Schidigera-Ekstrak: 'n kruidagtige plant van die leliefamilie.

  • Water

  • Askorbiensuur (Vitamien C) - 'n Anti-oksidant

  • Druiwesaadekstrak - verminder inflammasie, verbeter vel, pels, breingesondheid en voorkom kanker. Anti-oksidant.

  • Sitroensuurgeursel - Natuurlike Preserveermiddel

  • Kaliumsorbaat - Preserveermiddel

Wat is die beskikbare verpakkingsgrootte van Afrivat Copronat Natuurlike Voedselaanvulling?

Afrivat Copronat Natuurlike Voedselaanvulling is beskikbaar in 'n sproeimiddelbottel van 250 ml. 

Word Afrivat Copronat Natuurlike Voedselaanvulling deur veeartse aanbeveel?

As jou hond sy eie ontlasting eet, of dié van 'n kat, sal jou veearts Copronat aanbeveel.

  • Indien Copronat daagliks gebruik word sal dit Koprofagie onder meeste honde binne 6 weke stop sit.

  • Behandel onwelriekende winderigheid onder honde en katte.

  • Dit is 'n natuurlike en veilige voedselaanvulling.

Vir Koprofagie:

Spuit Copronat op die voedsel van die dier wie se ontlasting geëet word, bv. as jou hond die kat se ontlasting eet, spuit Copronat op die kat se voedsel; as jou hond sy eie ontlasting eet, spuit dit op sy eie voedsel.

Vir winderigheid:

Spuit Copronat op die voedsel van die dier wat onwelriekende winde het.

Vir elke 10 kg wat jou troeteldier weeg, kan jy 4 spuitjies op die kos spuit.  

  • Yucca Schidigera-Ekstrak 1%

  • Water

  • Askorbiensuur

  • Druiwesaadekstrak 0.5%

  • Sitroensuurgeursel

  • Kaliumsorbaat

Path: > >