Afleweringskoste

AreaTydsbestek*GewigKoste
Gauteng1 – 3 DaePer 30 kgR39
Oos-Kaap3 – 5 DaePer 20 kgR85
Vrystaat3 – 5 DaePer 20 kgR85
KwaZulu-Natal3 – 5 DaePer 20 kgR85
Limpopo3 – 5 DaePer 20 kgR85
Mpumalanga3 – 5 DaePer 20 kgR85
Noordwes3 – 5 DaePer 20 kgR85
Noord-Kaap3 – 5 DaePer 20 kgR85
Wes-Kaap3 – 5 DaePer 20 kgR85

*Ons lewer slegs op besigheidsdae af, glad nie op naweke en openbare vakansiedae nie.

Afleweringsproses

Pet Hero is in Gauteng gebaseer en al ons produkte word vanaf Gauteng versend. Ons strewe daarna om jou pakkies so gou as moontlik af te lewer, want ons weet hoe belangrik die inhoud vir jou en jou troeteldier is. Ons maak van eksterne koeriermaatskappye gebruik, deur ons goedgekeur, sodat ons kan seker wees jy kry die beste diens en dat jou produkte in ‘n goeie kondisie aankom.

Sodra ons jou bestelling ontvang, word die voorraad so gou as moontlik vanuit ons pakhuis of van die verskaffers gekry en by die koerier bespreek vir aflewering. Die koerier sal die pakkies by die adres aflewer wat jy verskaf het tydens die bestellingsproses. Onthou asseblief om duidelike instruksies by jou bestelling te sit as daar sekere kondisies is wat ons moet volg of as die pakkie tussen sekere tye afgelewer moet word.

Ons sal voortdurend die ekstra myl gaan om seker te maak jou bestellings word so doeltreffend, effektief en ekonomies as moontlik, afgelewer.

Kontak ons asseblief as jy enige vrae of navrae het.