Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Alle honde is mal oor 'n karrit - die kwyl wat by die venster uitwaai, die wind wat deur hul hare waai en die lekker om vir alles en nog wat, te blaf. Maar aai, daai modderige pote en hare wat oraloor die agterste sitplek lê - "Arg...!"

Petsa Karsitplekoortreksel

R 524
wasR 552StoorR 28

Available options

Eenheid/eenhede
Vervaardig deur: Petsa Pet Products
This product is part of a combo deal. To view this combo, click here.
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 52 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 52 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 10. Sien ons lojaliteitsprogram
Recurring Promotion Jy kan tot R 105 afslag kry as jy hierdie produk vir die eerste keer as 'n herhalende bestelling koop. Om meer oor hierdie promosie uit te vind, kliek hier.

Jy hoef nie verder te soek nie. Pet Hero is hier om jou agterste sitplek te red met die Luukse Karsitplekoortreksel met verhoogde kante.

Die karsitplekoortreksel en hangmat is maklik om te installeer met vinnige losgespes. Dit is gemaak van duursame, volkome waterbestande materiaal. Jy hoef nie meer bekommerd te wees oor ongelukkies wat in die bekleedsel kan insyfer nie. Dit bevat 'n bergingsakkie vir water of bykomstighede. Dit het verhoogde kante om die deure te beskerm, asook 'n veiligheidsknippie vir jou hond se halsband. Dit het 'n kantflappie wat die karsitplek bedek wanneer jou hond inklim.

Die oortreksel pas stewig in meeste voertuie met kopstutte. Die oortreksel verskaf 'n skans na die voorste sitplekke, wat keer dat jou hond nie op jou skoot beland terwyl jy bestuur nie. Dit sal ook jou hond beskerm deur nie van die sitplek af te val wanneer jy skielik moet rem nie. Dis dus veiliger vir jou hond en jy is meer ontspanne terwyl jy bestuur. 

Wees veilig, ontspan en laat Pet Hero hierdie karsitplekoortreksel by jou aflewer.