Ons Missie

Bemagtig troeteldiereienaars. Verryk troeteldiere se lewens. Bevorder hulle band.

Die mens-en-troeteldierband vorm die fondasie van Pet Hero se bestaan. As troeteldiermense verstaan ons die liefde en vreugde wat honde en katte in ons lewens bring. Terselfdertyd verstaan ons ook dat ons ons troeteldiere se hele lewe is. Ons aanlyntroeteldierwinkel wil daarom in al die nodige troeteldierprodukte voorsien om hulle gesond en gelukkig te hou soos wat hulle verdien. Die gerief om jou troeteldierkos en ander troeteldierprodukte aanlyn te koop en by jou voordeur afgelewer te hê, beteken meer tyd vir jou om met jou troeteldiere te spandeer en daai spesiale band te geniet.

Nederige begin

Pet Hero het sy buiging in Julie 2015 gemaak met ‘n span helde wat saamgeroep is om die beste kos, voeding, speelgoed, bykomstighede, aanvullings en meer vir honde en katte uit te snuffel.

Deur aanlyn by Pet Hero te koop, maak jy nie net jou diere gelukkig deur wonderlike produkte te koop waaroor hulle mal is nie (en jy hoef nie die huis te verlaat nie), maar daar is ook ietsie in vir jouself. Die aanlynwinkelervaring verskaf ongeëwenaarde gerief soos jy in die gemak van jou huis deur ons volle reeks troeteldiervoorraad kan snuffel – 24/7. Dit gee jou ook die geleentheid om jou troeteldiere op jou skoot of reg langs jou te hê terwyl jy koop, maar beste van als is, ons troeteldierprodukte is teen die beste pryse beskikbaar. Dit beteken dat jy voordeel trek uit goedkoper hondekos, katkos en troeteldierbykomstighede, sonder om afbreuk te maak aan kwaliteit. Dis dieselfde produkte wat jy en jou troeteldiere ken en liefhet, net teen beter pryse. Geen vangstrik!

Wat kry ek hieruit?

Ons hou ‘n wye reeks handelsmerke van honde- en katkos in voorraad. Dit voorsien in al die voedingstowwe en voedingskrag wat jou wollerige held nodig het om ‘n lang en gesonde lewe te leef. Jy kan kies tussen die hoogste kwaliteit super premium troeteldierkos tot die meer bekostigbares, maar steeds premium-kwaliteit voeding.

‘n Gesonde hond is ‘n gelukkige hond en om met al die oefening en opleiding te help, verskaf ons halsbande, leibande, harnasse en ‘n reeks troeteldierspeelgoed om seker te maak jou troeteldiere word vermaak en is in uitstekende toestand. Pet Hero voorsien in alles wat jou troeteldiere nodig het of verlang. Ons toewyding tot die beste pryse is op ons hele reeks honde- en katprodukte van toepassing.

Bo en behalwe die voordeel van ons bes-geprysde troeteldiervoorraad, en die gerief daarvan om dit aanlyn beskikbaar te hê, bied ons ook ‘n doeltreffende afleweringsdiens. Jou produkte word vinnig en gemaklik by jou voordeur afgelaai, wat beteken jy’t meer tyd om met jou troeteldiere te spandeer. Ons lewer jou honde- en katkos of enige ander troeteldierbykomstighede by jou deur af, maak nie saak of dit by die huis, werk of iewers tussenin is nie. Kliek hier vir al ons afleweringsinligting.

Sluit aan by die span

Jy kan jou troeteldier se held wees deur in al hulle behoeftes te voorsien. Geniet die liefde, aandag en waaiende stert wanneer jy alles met hulle deel wat jy by Pet Hero se aanlynwinkel gekoop het. Ons weet egter dat jou bondeltjie vreugde die ware held is, al wagtende by die deur wanneer jy tuiskom en later lekker warm en knus op jou skoot, of die liefde en beskerming wanneer jy ‘n bietjie af voel. ‘n Troeteldier se lojaliteit is deel van sy natuur, so ook is ons waardering vir jou lojaliteit deel van ons s’n. Ons lojaliteitsprogram is ons manier om vir jou dankie te sê dat jy so mooi na jou vierbeen familielid kyk.

Gee terug

Ongelukkig is nie alle diere so gelukkig soos jou geliefde en versorgde troeteldiere nie. As diereliefhebbers en helde in ons hart, soek ons maniere om verligting, ondersteuning en opheffing vir alle diere en dieresake te bring. Deur middel van ons gee terug inisiatief wil ons graag fondse insamel wat gebruik kan word vir dierewelsyn, -beskerming en -bewaring.

Troeteldierinligting

Pet Hero dra altyd diere se beste belange op die hart en ons besef jy kan nooit genoeg inligting tot jou beskikking hê wanneer jy na jou troeteldiere omsien nie. Blaai deur ons reeks insiggewende troeteldierverwante blog-artikels wat geskryf is om ‘n wye reeks uitdagings aan te spreek. Dit bied ook raad en advies wat jy handig mag vind in die hele proses om van jou troeteldier ‘n ware familieheld te maak. 

Enige vrae?

As jy opsoek is na enige verdere inligting oor ons of wat ons vir jou en jou troeteldier kan bied, kan jy gerus ons Frequently Asked Questions (FAQ) bladsy besoek. Terugvoer op gereelde navrae aangaande ons aanlyntroeteldierwinkel kan daar gevind word.

Prestasies

In 2016 was Pet Hero ‘n finalis in die 702 – Hyundai Business Start-Up kompetisie. Hierdie kompetisie het ten doel om die passie en potensiaal in jong besighede te erken en Pet Hero is baie trots daarop dat ons ‘n finalis in so ‘n kompetisie kon wees. Dieselfde passie, potensiaal en prestasie wat in hierdie kompetisie erken is, dryf die diens, aflewering en algehele verpakking wat jou en jou troeteldiere sal bevoordeel.

In 2017 het Google Pet Hero as een van die top-20 beginner besighede in Suid-Afrika gekies. Pet Hero is uitgenooi om die Google Developers Launchpad by te woon, ‘n samekoms van klein besighede met enorme potensiaal, waar hulle ‘n platform kry om hul ontwikkeling en groei te versnel. Die week van samewerking was regtig waardevol met kundiges van regoor die wêreld wat hul insigte en ervarings gedeel het, sodat elkeen se besigheid nog meer kan verbeter. Google se belegging in klein besighede wat tegnologie omarm, is ‘n teken van die tye en ‘n bevestiging van waarmee ons besig is. Hierdie tydjie van skouerskuur met die beste in die besigheid, het heelwat fundamentele veranderinge teweeg gebring wat jou koopervaring beslis sal verbeter.
Laat Pet Hero toe om jou troeteldier se held te wees, terwyl jy terselfdertyd geld spaar. Voorwaar ‘n heldekombinasie waarmee jy geassosieer wil word.