Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Sou jou pasgebore of baie jong katjie vervangingsmelk nodig hê, kan niks nader aan die ware jakob kom as Royal Canin se babakatmelk nie. Dit kan gebeur dat Mamma Kat weier om te voed of dat sy nie genoeg melk kan voorsien vir die hoë vereistes van ’n groot werpsel nie. Met Babakatmelk kan jy maar heeltemal gerus wees – dit bied uitstekende ouderdomsgepaste voeding vir jou katjie in die eerste maande van sy lewe tot en met 4 maande oud, wanneer hy volledig sal speen. 

Royal Canin Babycat Milk

R 234
wasR 246StoorR 12

Beskikbare opsies

Grootte
Vervaardig deur: Royal Canin
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 23 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 23 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 5. Sien ons lojaliteitsprogram

Dis belangrik dat katjies die regte voeding tydens hul eerste ontwikkelingsfase kry, sodat hulle sterk en gesonde volwasse katte kan word. As jou katjie melkvervanging nodig het (as gevolg van ’n mammakat wat nie kan of wil voed nie), koop Royal Canin Babycat Milk hier aanlyn by Pet Hero teen ’n laer prys en weet jou katjie kan net sowel besig wees om aan haar eie mamma te drink. In hierdie formule is melk die enigste bron van proteïene en daarom krap dit nie jong katjies se magies om nie. Die lae laktose-inhoud bevorder goeie vertering. Die poeier bestaan uit mikrokorrels wat binne 5 sekondes oplos. Ja, net 5 sekondes en siedaar, jy’t klontlose, moeitevrye melk geskik vir ’n koninklike babakat. 

Path: > > > >