Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Mamma-hond se liggaam is nou onder geweldige druk, want sy moet haar ongebore hondjies en later ook haar pasgeborenes gedurende haar swangerskap en ná geboorte van hoë gehalte voeding voorsien. Kyk na haar gesondheid met Royal Canin se Starter Mousse vir ma- en babahond. Dis ook geskik om klein hondjies te help speen tot en met 2 maande oud. Dit sal hulle help om makliker van melk na vaste kos oor te gaan. 

Royal Canin Canine Starter Mousse Mother and Babydog

R 28
wasR 29StoorR 1

Beskikbare opsies

Blik/ke
Vervaardig deur: Royal Canin
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 2 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 2 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 0. Sien ons lojaliteitsprogram

Koop Royal Canin se Starter Mousse om jou troeteldiermamma al die regte vitamiene en voedingstowwe gedurende die laaste weke van haar dragtigheid, sowel as gedurende die eerste weke ná geboorte te gee, wanneer sy self melk moet vervaardig om haar pasgeborenes te voed. Later sal beide mamma en baba van die mousse kan geniet, wanneer die klein hondjies groot genoeg is om te speen. Die mousse is die perfekte oorgangskos na vaste kos. Dis sag en maklik om te eet. Selfs as die beperkte ruimte in jou teef se buik tydens swangerskap haar verhoed om groot maaltye te eet, sal ’n klomp kleiner porsies van hierdie mousse aan haar behoeftes voldoen. Ná geboorte kan die mousse haar help om genoeg energie vir melkvervaardiging te hê – enige voedende teef het twee tot drie maal haar gewone energie-inname nodig. Tussen drie en vier weke oud, kan die klein hondjies wat intussen beter verteringstelsels ontwikkel het, begin speen. Die mousse is ’n uitstekende manier om van melk na vaste kos oor te gaan. Die mousse kan as volledige voeding gegee word, of in kombinasie met droë kos.