Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Adaptil se kalmeringshalsband bevat DAP (Dog Appeasing Pheromone) - natuurlik en gerieflik om honde in stresvolle situasies te help.

Adaptil Feromoon-Kalmeringshalsband vir Gespanne Honde

R 352
wasR 370StoorR 18

Beskikbare opsies

Grootte
Vervaardig deur: Adaptil
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 35 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 35 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 7. Sien ons lojaliteitsprogram

Feromone is natuurlike chemiese seine wat oral vir dierekommunikasie gebruik word. Wanneer dit deur 'n individueel afgeskei word, spoor ander individuele van dieselfde spesie die feromoon op, wat hulle gedrag affekteer.

'n Hond se feromoonvervaardigende-areas is: pootkussinkies, gesigs-, tepel- en anale areas, sowel as die Urogenitalia.

Wat is Adaptil?

Adaptil is 'n sintetiese nabootsing van die kalmeringsferomoon. Dit boots die feromoon na wat mammahonde na geboorte afskei om hulle hondjies veilig te laat voel.

Hoekom moet ek die Adaptil Feromoon-Kalmeringshalsband koop?

As jou hond angstig voel as gevolg van: harde geluide; om veearts toe te gaan; wanneer hy in 'n kar vervoer word; alleen by die huis is; of enige veranderinge in hulle omstandighede by die huis - dan is die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband beslis te produk wat sal help.

Die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband help in vele situasies, maak nie saak of dit binnens- of buitenshuis is nie.

Watter bestanddele word in die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband gebruik?

Die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband bevat 5% DAP (Dog Appeasing Pheromone) - Honde-Kalmeringsferomoon.

Van watter ouderdom af kan my hond die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband dra?

Jou hond kan die halsband begin dra vandat jy hom aangeneem het.

Hoe lank sal die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband hou?

Die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband tree onmiddellik in werking sodra jou hond dit begin dra en dit hou vir 4 weke.

In watter groottes kom die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband?

Die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband is beskikbaar in drie groottes: klein, medium en groot.

Word Adaptil Feromoon-kalmeringshalsbande deur Veeartse aanbeveel?

As jou hond gedragskwessies het of angstig is, sal jou veearts die Adaptil Feromoon-kalmeringshalsband beslis aanbeveel.

  • Sal jou hond se angstigheid verlig

  • Voorkom onaangename gedrag

  • Maklik om te gebruik

  • Konstante vrystelling van feromone

  • Plaas ‘n vinger in die plastiese lus, wat geleë is aan die binnekant van die halsband, naby aan die gespe.

  • Gebruik die lus en trek die dun plastiek om die halsband los te maak.

  • Plaas die halsband oor jou hond se kop en nek.

  • Trek die halsband styf totdat dit gemaklik pas.

  • Jy behoort nie meer as twee vingers tussen die halsband en die hond se vel te kan sit nie.

  • As jou hond lang hare het, skei die hare om seker te maak dat die halsband styf genoeg teen die vel is.

  • Maak seker dat die halsband stewig in die gespe pas.

  • Sny die oortollige gedeelte van die halsband af.

'n Nota aangaande babahondjies: 

Soos wat jou babahondjie groei, is dit belangrik om die halsband gereeld aan te pas om seker te maak dit sit nie te styf om jou hondjie se nek nie.

Die Adaptil kalmeringshalsband is geskik vir enige honderas, solank as wat dit reg pas.

Die kalmeringsferomoon word amper onmiddellik vrygestel. Die halsband werk nie wanneer dit nat is nie, maar sal weer in werking tree sodra dit weer droog is.

As jou hond ‘n ander halsband dra is dit belangrik om seker te maak dat die Adaptil halsband in kontak bly met jou hond se vel. Moenie ‘n leiband aan die Adaptil halsband vasmaak nie.

Moenie die halsband gebruik as jou hond sere of wonde in sy/haar nekarea het nie.

Moenie die skermsakkie oopmaak totdat jy gereed is om die Adaptil halsband te gebruik nie.

Path: > >