Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Spanning en vrees kan ’n hond se goeie gedrag affekteer. Probeer NurtureCalm se 30-dae feromoonhalsband om jou hond se gedrag gedurende spanningsvolle tye te reguleer. 

Afrivet NurtureCALM Feromoon-Kalmeringshalsband vir Gespanne Honde

R 369
wasR 388StoorR 19

Beskikbare opsies

Eenheid/eenhede
Vervaardig deur: Afrivet
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 36 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 36 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 7. Sien ons lojaliteitsprogram

Honde se gedrag kan verander wanneer hulle onder spanning verkeer, soos wanneer hulle aan skeidingsangs ly, of wanneer nuwe besoekers hulle terrein betree of wanneer hulle aan harde klanke, ’n nuwe baba of nuwe/ander huishonde blootgestel word, om maar net ’n paar voorbeelde te noem. ’n Feromoonhalsband is gerieflik en sal jou hond vir vir ‘n volle maand help kalmeer. Dis ’n veilige alternatief teenoor sproeimiddels en kan vir enige honderas, vanaf enige ouderdom, gebruik word.

Wat is Afrivet NurtureCALM Feromoonhalsband vir Gespanne Honde?

Die Afrivet NurtureCALM Feromoon-Kalmeringshalsband vir Honde is deurdrenk met feromone om jou hond kalm te hou. Die feromone is soortgelyk aan dié wat 'n mammahond afskei om haar babahondjies veilig te laat voel.

Hoekom moet ek Afrivet NurtureCALM Feromoonhalsband vir Gespanne Honde koop?

As jou hond aan stres of angs ly, of bang is vir geraas, sal die halsband hulle sommer gou gerusstel en kalmeer.

Watter bestanddele word in Afrivet NurtureCALM Feromoonhalsband vir Gespanne Honde gebruik?

Feromone 2%

Van watter ouderdom af kan my hond Afrivet NurtureCALM Feromoonhalsband vir Gespanne Honde begin dra?

Jou hond kan die NurtureCALM halsband van so jonk as moontlik begin gebruik. Die halsband is skadeloos, maar kan wel velirritasies veroorsaak as jou hond 'n sensitiewe vel het. 

In watter verpakkingsgrootte kom die Afrivet NurtureCALM Feromoonhalsband vir Gespanne Honde?

Die pakkie bevat 1 halsband.

  • Permanente vrystelling van feromone 24/7.

  • Dit is bewys dat die produk vir 30 dae lank werk.

  • Die feromone gaan waar jou hond gaan.

  • Help om die vrees vir reis te verlig.

  • Help om skeidingsprobleme te beheer.

  • Help honde om gerus te voel in hulle nuwe omgewing. (nuwe huis, nuwe hondjie, nuwe baba)

  • Help honde om geraas te hanteer.

  • Help honde om hulle vakansiestres te hanteer.

  • Help honde om meer gemaklik te voel by ‘n veearts of in hokke.

  • Dit is heel moontlik 'n veearts se eerste keuse om gedragsprobleme te verbeter.

  • Kan gebruik word sonder langtermyn newe-effekte.

  • Help honde en jong hondjies om veilig te voel.

  • Haal die halsband uit die pakkie uit en rek dit uit tot die volle lengte. Die lussies, wat die halsband in die boks in plek gehou het, behoort af te val nadat jy die halsband gerek het. Verwyder enige lussies wat oorbly deur hulle af te trek.

  • Buig die gespe in die helfte, tussen die twee gate in die gespe, sodat jy maklik die die punt van die halsband deur altwee gate kan trek.

  • Plaas die halsband om jou hond se nek. Trek die halsband deur altwee gate met die kepe na buite.

  • Pas die halsband om die hond se nek. Die halsband moet effens los wees om spasie te laat vir latere groei en sodat dit gemaklik om die nek kan beweeg. Jy behoort 2 vingers tussen die halsband en jou hond se nek te kan inpas.

  • Los omtrent 2 - 3 cm op die punt van die halsband, sny die oortollige stuk af en gooi dit weg.

  • Was jou hande deeglik wanneer jy klaar is.

  • Verseël die halsband in 'n plastieksak wanneer dit nie gebruik word nie om dit vir langer effektief te hou.

Voorsorgmaatreëls:

  • Verwyder die halsband voordat jy jou hond bad en plaas dit weer terug sodra jou hond se pels droog is.

  • Die halsband moet slegs op gesonde vel gebruik word.

Feromone .......................... 2%

Onaktiewe bestanddele ........ 94%

Path: > >