Algemeen

  • Hoekom noem julle julself Pet Hero?

    Ons glo dat, vir baie mense, troeteldiere soos helde is. Hulle is altyd daar vir jou en hulle sien net die beste in jou raak.  Jy is ook ‘n held vir jou troeteldier. Gewoonlik is jy en jou gesin die enigste mense met wie jou troeteldier te doen het. Die filosofie van ‘n wedersydse band tussen troeteldier en eienaar is saamgevat in die Pet Hero handelsnaam, waar ons probeer om in alles te voorsien wat jou troeteldier nodig mag hê om ‘n held te wees. Ons maak dit ook maklik vir jou om jou troeteldier se held te bly.

  • Het julle ‘n lojaliteitsprogram? Indien wel, hoe werk dit?

    Inderdaad! Ons waardeer jou lojaliteit vreeslik baie en wil jou daarvoor vergoed.  Besoek die lojaliteitsprogramblad vir volledige inligting oor ons lojaliteitsprogram.

  • Kry ek ‘n beloning wanneer ek my vriende van Pet Hero vertel?

    Ons waardeer die goeie woordjie wat jy versprei. Jy kan jou vriende na ons webblad nooi deur vir hulle ‘n Pet Hero koopbewys te gee. Jy ontvang dan weer ‘n koopbewys vir elkeen van jou verwysings wat op die Pet Hero webblad koop. Meer inligting is beskikbaar op die lojaliteitsprogramblad.

  • Is julle by enige liefdadigheidsprojekte betrokke? Kan ek ook betrokke raak?

    Dierebeskerming en -opheffing is die middelpunt van wat ons by Pet Hero doen. Ons het die Gee Terug inisiatief begin, waardeur ons probeer om ‘n impak op die lewe van alle diere te maak – bo en behalwe dié van ons geliefde troeteldiere. Ons skenk donasies aan lofwaardige projekte en verkoop ook handelsware, waarvan die opbrengs aan ondersteunende sake gaan. Jy kan betrokke raak deur ‘n donasie te maak of iets vanaf ons Liefdadigheids -blad te koop.

  • Watter produkte verkoop julle?

    Ons bied alles wat jou dierekind mag nodig hê. Ons verkoop ‘n volle reeks troeteldierprodukte, wat al die bekende en betroubare handelsname in die veeartsindustrie insluit. Ons het produkte van kat- en hondekos tot insekdoders, speelgoed en nog vele meer. Klik hier om al ons troeteldierhandelsname en -produkte te sien.

  • As ek nie ‘n produk op julle webblad kry nie, mag ek voorstel dat dit in die toekoms aangebied word?

    Ons doel is om in alles te voorsien wat jou troeteldier nodig het om sy beste te wees. As daar ‘n erkende produk is wat jy graag wil hê, maar nie op Pet Hero kan kry nie, sal ons alles in ons vermoë doen om dit vir jou te kry.  Kontak Ons en laat weet ons wat jy nodig het.

  • Kan ek voorskrifmedikasie by Pet Hero koop?

    Pet Hero verkoop nie op die oomblik voorskrifmedikasie nie. Ons werk daaraan om voorskrifdiëte aanlyn beskikbaar te stel.  Kontak Ons as jy wil hê ons moet vir jou laat weet wanneer hierdie produkte beskikbaar is.

  • Wat het Pet Hero in plek om die kwalitiet van beskikbare produkte te waarborg?

    Pet Hero is ‘n veterinêre handelsnaam, daarom voorsien ons slegs produkte wat ons glo tot voordeel van jou hond en kat sal wees. Ons doen alles in ons vermoë om van betroubare verskaffers te bestel en ons verkoop slegs produkte wat bekend is vanweë ‘n goeie reputasie.

    Ons voorsien ‘n aantal super premium troeteldierprodukte. Sommige van hierdie handelsname waarborg die gehalte van hulle produkte. Indien jy ontevrede sou wees met enige van hierdie produkte, sal ons jou terugbetaal in lyn met die vervaardigingsmaatskappy se beleid.

  • Is julle oop vir terugvoer en voorstelle oor die webblad?

    Niemand is perfek nie en as helde probeer ons voortdurend om te verbeter en in jou behoeftes te voorsien. Voel vry om vir ons terugvoer, voorstelle en/of versoeke oor enige aspek van Pet Hero te gee. Jou terugvoer sal objektief oorweeg word.

Hoe Om

  • Hoe om te registreer

    Om te registreer, kliek op die “Teken Aan” knoppie, regs bo op die webblad. Sodra die blad gelaai is, tik jou e-posadres in die spasie links onder van “Skep ‘n Rekening”. Kliek dan op “Skep ‘n Rekening”.

    Vul jou besonderhede op die volgende blad in en kliek op “Registreer”. Let wel dat afdelings met ‘n * verpligtend is.

    Sodra die registrasieproses klaar is, sal jy outomaties aangeteken en herlei word na jou rekeningblad.

  • Hoe om jou wagwoord te herset

    Indien jy jou wagwoord vergeet het en nie kan aanteken nie, kliek op die “Teken Aan” skakel, regs bo op die skerm. Sodra die blad gelaai is, kliek op “Wagwoord Vergeet” onder die “Alreeds Geregistreer” afdeling.  Tik jou e-posadres in en kliek op “Herwin Wagwoord”. ‘n E-pos sal aan jou gestuur word met ‘n skakel om jou wagwoord te herset.

    Sodra jy op die skakel gekliek het, sal jou wagwoord herset word en jy sal ‘n e-pos kry met die nuwe wagwoord.

    Indien jy reeds aangeteken is en die huidige wagwoord wil verander, kan jy regs bo op die webblad, op jou naam kliek. Kliek op “My Persoonlike Inligting”, tik jou huidige wagwoord en jou nuwe wagwoord (twee keer) in. Kliek op “Stoor” om jou wagwoord te verander.

  • Hoe om te bestel

    Om ‘n produk aanlyn te bestel, sit dit by jou mandjie en kliek op “Gaan Voort na Betaalpunt”. Op die betaalpuntblad, sal jy ‘n opsomming van jou koopmandjie sien. Jy kan hier produkte van jou mandjie verwyder of die hoeveelhede verander. Sodra jy klaar is, kliek op “Gaan Voort na Betaalpunt” onder die koopmandjietotaal.

    Op die volgende blad sal jy gevra word om by jou huidige rekening in te teken, of om ‘n rekening te skep as jy ‘n nuwe kliënt is. Sodra jy ingeteken het of ‘n rekening geskep het, sal jy na die volgende blad van die betaalproses gevat word. As jy eerder nie ‘n rekening wil skep nie, kan jy jou besonderhede op die “Dadelik Betaal” afdeling invul en kliek op “Gaan Voort na Betaalpunt”.

    Op die volgende blad kan jy jou afleweringsadres insit. As jy reeds ‘n adres gegee het, sal dit outomaties gekies word, anders kan jy ‘n ander een van die kieslys kies. As jy nog nie ‘n adres opgesit het nie, kliek op “Voeg Nuwe Adres By”. Vul al die besonderhede in en kliek op “Stoor”. Nadat jy jou adres ingesit het, kliek op “Gaan Voort na Betaalpunt”. Op die volgende blad sal jy die afleweringsopsie en –koste sien.  Aanvaar die Terme en Voorwaardes en kliek op “Gaan Voort na Betaalpunt”.

    Jy sal hier ‘n opsomming van jou bestelling sien en jou keuse vir betaling. Sodra die betaling verwerk is, sal jou bestelling geplaas word en jy sal ‘n e-pos kry met die bevestiging van jou bestelling sowel as jou faktuur.

  • Hoe om op hoogte te bly van die bestellingsproses (vir aflewering)

    Sodra jou bestelling geplaas is, kan jy dit volg deur na jou rekeningblad te gaan en op “Bestellingsgeskiedenis en -besonderhede” te kliek. Hier sal jy kan sien wat jy al voorheen bestel het.  Kliek op “Besonderhede” reg langs ‘n bestelling en gaan af na die afdeling onder die produkte.  Jy sal hier die “Opsporingsnommer” -tabel kry. Kliek op die opsporingsnommer om te sien wat die status van jou bestelling is.  As daar nie ‘n opsporingsnommer is nie, word jou bestelling nog voorberei vir aflewering. 

  • Hoe om ‘n koopbewys te gebruik

    Vir elke suksesvolle bestelling wat jy plaas, kry jy lojaliteitspunte. Die bedrag sal verskil afhangende van die totaal van jou bestelling. Jy kan sien hoeveel lojaliteitspunte jy het, deur na jou rekeningblad te gaan en te kliek op “My Lojaliteitspunte”. Hier sal jy kan sien hoeveel punte jy vir elke bestelling verdien het. Let wel dat lojaliteitspunte eers beskikbaar is na aflewering. Vanaf hierdie bladsy kan jy jou lojaliteitspunte omskep in ‘n koopbewys wat jy met jou volgende kopie kan gebruik. Om dit te doen, klik op “Omskep My Punte in ‘n Koopbewys vir …” Dit sal dan ‘n koopbewys op jou rekening skep wat jy met jou volgende bestelling kan gebruik.  Om die koopbewys te gebruik, sit ‘n produk in jou mandjie en gaan na die betaalpunt. Op die eerste bladsy, kliek op jou koopbewysnommer onder “Trek voordeel uit ons eksklusiewe aanbiedings” onder “Koopbewyse”. Kliek op “REG” om die koopbewys by jou bestelling te sit en gaan voort na die betaalproses.

  • Hoe om die wenslys te gebruik

    As jy ‘n produk by jou wenslys wil sit, gaan na die produkbesonderhede en kliek op “Voeg by my Wenslys”. As jy wil sien wat op jou wenslys is, kan jy na jou rekeningblad gaan en op “My Wenslys” kliek. Kliek op “My Wenslys” onder die “Nuwe Wenslys” afdeling om die produkte op jou wenslys te sien.

    Jy kan ook jou wenslys met familie en vriende deel, deur ‘n skakel na jou wenslys aan hulle te stuur. Om dit te doen, kliek op “Stuur hierdie Wenslys” en tik al die e-posadresse in aan wie jy die skakel wil stuur. ‘n E-pos met die URL-skakel na jou wenslys, sal dan gestuur word. Van hier af kan jou familie en vriende die items vir jou koop.

    Let asseblief daarop dat die items van jou wenslys afgehaal sal word sodra dit gekoop is.

  • Hoe om die verwysingsprogram te gebruik

    Jy moes ten minste al een suksesvolle bestelling in die verlede geplaas het, om die verwysingsprogram te gebruik. Jy kan jou vriende na ons webwerf verwys en wanneer hulle ‘n bestelling plaas, kry hulle ‘n afslagkoopbewys. Om dit te doen, gaan na jou rekeningblad en klik op “Verwysingsprogram”. Van hier af kan jy ‘n epos na 10 vriende stuur en hulle na ons webwerf verwys. Tik hulle name, vanne en eposadresse in.  Aanvaar die Terme en Voorwaardes en klik op “Bekragtig”. Jou vriende sal ‘n epos ontvang met inligting oor die afslag en ‘n skakel om op ons webwerf te registreer.

    Op die registrasieblad sal hulle jou eposadres in die “Eposadres van jou borg” moet invul. Hulle afslag sal dan geaktiveer word. Sodra hulle ‘n bestelling geplaas het, sal jy jou eie afslagkoopbewys kry, wat jy met jou volgende kopie kan gebruik.  

  • Hoe om weer te bestel (herbestelling)

    As jy gereeld dieselfde produkte bestel, kan jy die herbestelfunksie gebruik. Dit sit outomaties al die produkte van jou vorige bestellings in jou mandjie en neem jou na die betaalpunt.

    Om hierdie funksie te gebruik, gaan na jou rekeningblad en kliek op “Bestellingsgeskiedenis en –besonderhede”. Hier sal jy ‘n lys met al jou vorige bestellings sien. Klik op “Herbestel” langs die bestelling om weer dieselfde produkte in jou mandjie te sit. Jy sal dan na die betaalpunt geneem word. 

    Ons het ook ‘n herbestellingsfunksie wat jou bestelling outomaties volgens ‘n sekere interval van jou keuse, plaas. Besoek ons herhalende-bestellingsblad vir meer inligting.

Bestellingsbestuur

  • Kan ek ‘n bestelling kanselleer (voor aflewering plaasvind)?

    Indien jy (om watter rede ookal) ‘n bestelling wil kanselleer, moet jy ons so gou as moontlik nadat dit bestel is, laat weet. Elke individuele situasie sal op meriete hanteer word.

    Let wel dat jy moontlik steeds afleweringsgelde mag betaal as die bestelling reeds versend is, al het jy dit nie ontvang nie. 

  • Kan ek ‘n produk terugstuur wat verkeerd bestel is?

    Die terugstuur van produkte sal op ‘n individuele basis oorweeg word, omdat logistieke en geldigheid van die terugstuur daarvan ondersoek moet word. Indien terugsendings aanvaar word, mag dit ekstra onkostes beteken. Maak asseblief seker dat jou bestelling reg is voordat jy die betaling maak.

  • Wat gebeur as ek die verkeerde produk(te) kry?

    As die produk wat jy bestel het (soos op die Pet Hero faktuur) en die produk ontvang, nie dieselfde is nie, skakel Pet Hero asseblief onmiddellik. Die rede hiervoor sal ondersoek word en ons sal die produk omruil indien dit ons fout is.

  • Wat gebeur as my bestelling beskadig is tydens aflewering?

    Moenie ‘n beskadigde item van die koerier aanvaar nie. Sodra jy daarvoor teken, aanvaar jy dat alle goedere in ‘n goeie toestand is. Indien ‘n gedeelte van die bestelling beskadig is, kontak Pet Hero asseblief onmiddellik (voordat die koerier vertrek).

  • Wat gebeur as die produk wat ek bestel het, uit voorraad is?

    Indien die produk wat jy bestel het, tydelik uit voorraad is, sal Pet Hero jou so gou as moontlik laat weet. Ons sal ons bes probeer om jou ‘n geskatte afleweringstyd te gee. Jy kan dan besluit of jy wil wag vir die produk om afgelewer te word en of jy eerder jou bestelling wil kanselleer.

  • Verval die items in my mandjie?

    As jy aangeteken is en items in jou mandjie het, sal hulle vir 20 dae in jou mandjie bly, behalwe as jy dit verwyder of die items koop. Jou mandjie is net beskikbaar wanneer jy in jou rekening aangeteken is. As jy dus items in jou mandjie sit en uitteken, sal jou mandjie leeg wees totdat jy weer aanteken.

    As jy nie ‘n rekening het nie, sal jou items in die mandjie bly, selfs nadat jy ‘n rekening geskep het en aangeteken het.

Versending en Aflewering

  • In watter areas lewer julle af?

    Alle bestellings word vanaf Johannesburg versend, daarom fokus ons dus op die Gauteng-area. Ons het wel nasionale afleweringsopsies, maar dit sal addisionele kostes en ‘n vertraging in afleweringstyd teweegbring.

  • Wat is die afleweringskoste?

    Jou afleweringskoste is gebaseer op jou voorstad se poskode en die totale gewig van jou bestelling. Die koste sal bereken en gewys word voordat die betaalproses klaar is. Vir volledige inligting oor ons afleweringspryse, kliek hier.

  • Wanneer kan ek my bestelling verwag?

    Pet Hero sal probeer om jou bestelling so gou as moontlik by jou te kry, maar daar is ‘n paar logistieke faktore (gewoonlik groot bestellings), wat in gedagte gehou moet word. Laat asseblief drie dae toe (naweke uitgesluit) vir aflewering. Indien jy buite Johannesburg of Pretoria woon, mag dit tot 5 dae neem om af te lewer.

  • Wie lewer die produkte af? Kan ek hulle vertrou?

    Ons gebruik ‘n kombinasie van derdeparty koeriermaatskappye om vir jou die beste en mees effektiewe afleweringsdiens te bied. Ons geselekteerde koeriermaatskappye het baie jare se ervaring en is almal gevestigde en betroubare rolspelers in die logistieke industrie.

    Drywers het duidelik gemerkte voertuie en gebruik offisiële vragbriewe. Laat asseblief geen ander partye op jou perseel toe nie.

  • Wat as ek nie tuis is met aflewering nie?

    Dis die beste om ‘n adres te gee waar daar heeldag iemand beskikbaar is. Indien dit sou gebeur dat daar niemand met aflewering is nie, sal die koerier die kontakpersoon skakel.

    As die koerier nie die persoon in die hande kan kry nie, sal hy solank sy volgende aflewering doen en later weer probeer. As die aflewering glad nie gedoen kan word nie, sal jou bestelling na die pakhuis teruggestuur word totdat hulle jou in die hande gekry het.  Let wel dat verdere reëlings vir aflewering ekstra afleweringskostes mag beteken.

  • Wat gebeur as ek nie by die afleweringsadres is nie?

    As jy die regte adres opgegee het, kan iemand anders dit namens jou ontvang en daarvoor teken. Ons stel voor dat jy tydens die betaalproses aandui wie die aflewering gaan ontvang. Jy kan die addisionele inligtingsblokke onder die adresbesonderhede hiervoor gebruik. 

  • Wat gebeur as daar ‘n item ontbreek?

    Ons stel voor dat jy jou bestelling deeglik deurgaan wanneer dit afgelewer word. Items moet volgens die vragbrief afgemerk word. As daar ‘n probleem is, kontak Pet Hero onmiddellik (voordat die koerier vertrek), sodat ons dit kan regstel. Die situasie sal ondersoek word en ons sal alles in ons vermoë doen om die item(s) sou gou moontlik by jou te kry.

Betaling

  • Wat is my betaalopsies?

    Pet Hero aanvaar Visa-, Mastercard- en American Express-kaarte. Ons aanvaar ook EFO-betalings. Ons sal ander veilige en stabiele betalingsmetodes oorweeg soos en wanneer dit op ‘n betroubare wyse beskikbaar gestel word. 

  • Kan ek met ‘n Maestro of VISA Electron debietkaart betaal?

    Indien jou kaart geaktiveer is om aanlynkope te maak en dis 3D-beveilig, kan ons die transaksie fasiliteer. 

  • Kan ek kontant betaal met aflewering?

    Op die oomblik aanvaar ons nie kontant met aflewering nie. Jou bestelling word deur ‘n derdeparty koerier afgelewer en om hulle en jou bestelling te beskerm, moet dit ten volle betaal wees voordat die bestelling versend word.

  • Kan ek ‘n elektroniese oorbetaling maak (EFO)?

    Jy kan ‘n EFO-betaling op twee maniere maak: Eerstens kan jy “Bank wire” uit die betalingsopsies kies. Dit sal jou bestelling plaas en ook aan jou die bankbesonderhede gee wat jy moet gebruik om vanaf jou bank die oorplasing te maak. Tweedens kan jy ons kits-EFO-opsie gebruik wat jou na die SID-platform sal neem waar jy jou aanlyn bankdiensportaal kan gebruik om die betaling te maak. Hierdie opsie stoor geen bankbesonderhede nie.

  • Wanneer sal die betaling van my kredietkaart afgetrek word?

    Volgens die Visa- en MasterCard-regulasies, soos deur MyGate bepaal, moet ‘n aanlyntransaksie met die hand verwerk word om geldig te wees. Betalings sal dus nie noodwendig dadelik van jou rekening afgetrek word nie. Dit mag tot vyf dae neem om die transaksie te verwerk en van jou rekening te onttrek.

  • Is dit veilig om aanlyn van julle webwerf te koop?

    Ons webwerf is veilig, sover as wat dit redelik moontlik is. Ons webwerf word op ‘n beveiligde skynbediener (virtual server) gesteun, met addisionele antivirus sagteware wat ons domein beskerm.  Ons het ook verder ‘n “Secure Socket Layer” (SSL) om inligting te enkripteer wat vanaf ons bediener (server) na jou rekenaar gestuur word en omgekeerd.

  • Sal my bankbesonderhede op julle sisteem gestoor word?

    Pet Hero stoor glad nie jou kaartbesonderhede nie, maar met ons “Peach Payments”-kredietkaartopsies het jy die keuse om jou kaartbesonderhede by hulle te stoor. Sodoende vergemaklik jy jou toekomstige betalingsproses, sonder dat jy weer nodig het om jou kaartbesonderhede in te vul. Met hierdie opsie word jou kaartbesonderhede by Peach Payments gestoor en nie by Pet Hero nie. 

    Pet Hero ontvang ‘n ge-enkripteerde bewys wat met jou Peach Payments-profiel geskakel is. Die bewys is die enigste inligting wat Pet Hero het en ons stuur hierdie bewys aan om die betaling te prosesseer. Peach Payments is ‘n gevestigde betalingspoort, met veiligheid as hul eerste prioriteit. As jy nie jou kaartbesonderhede wil stoor nie, kan jy slegs die blokkie onder die kaartbesonderhedevorm, wat sê “stoor jou betalingsbesonderhede”, leeg laat. 

    Dit is belangrik om daarop te let dat, as jy ‘n herhalende bestelling plaas, ons die bewys van Peach Payments sal nodig hê om die herhalende bestellings te plaas.