Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Herhalende Bestellings maak jou maandelikse aankope makliker

Om jou aanlynkopies meer gerieflik te maak, bied Pet Hero nou herhalende bestellings. Met herhalende bestellings kies jy die periode van hoe gereeld jy 'n produk wil bestel en ons doen die res om die produk by jou te kry.

Hoe dit werk

  1. Snuffel deur ons winkel en gaan na die produk wat jy benodig.

  2. Voor jy die produk in jou mandjie laai, kies die periode waarvolgens jy hierdie produk sal wil bestel.

  3. Volg die eenvoudige stappe om jou bestelling te plaas en te betaal.

  4. Sit terug en ontvang jou produkte volgens jou skedule, presies wanneer jy dit nodig het.

  5. Spandeer die bietjie ekstra tyd op hande met jou troeteldiere.

Meer inligting

Veiligheid

Ons maak gebruik van een van die grootste betalingsportale in Suid-Afrika om die veiligheid van jou transaksie te verseker. Die betalingsportaal het 'n "PCI level 1"-sertifikasie. Pet Hero stoor geen kaartinligting nie, maar kry 'n unieke kode van die bank af wat dan gebruik word om die transaksie te fasiliteer. Die proses is soos volg:

Betalingsmetodes

Huidiglik aanvaar ons VISA en MasterCard as betaling. Ons hoop om meer soorte kaarte in die toekoms by te voeg.

Verander my skedule

Jy kan enige tyd by jou rekening inteken en jou skedule verander deur dit óf te kanselleer óf die volgende bestellingsdatum te verander.

Wat gebeur as daar nie genoeg geld in my rekening is nie?

As jy nie genoeg geld in jou rekening het nie, sal die transaksie nie deurgaan nie en jou bestelling sal nie geplaas word nie. Jy kan dan na jou rekening toe gaan en jou skedule verander.

Sal daar 'n herinneringsboodskap aan my gestuur word voor die betaling afgetrek word?

Ja, jy sal 'n e-pos drie dae voor die bestelling geplaas word, ontvang.

Nuttige inligting
  • Ons hou 'n wye reeks kat- en hondeprodukte van al die bekende en betroubare troeteldierhandelsmerke aan. Gee vir jou troeteldiere hul gunsteling produkte, als beskikbaar by jou eenstop aanlyntroeteldierwinkel.

  • Verwys 'n vriend na Pet Hero en jul albei sal 'n afslagkoopbewys ontvang, sodra hulle 'n suksesvolle aankope gemaak het. Meer inligting

  • Geniet die gerief om jou troeteldierprodukte by jou voordeur afgelewer te kry. Loer na ons Afleweringsinligting

  • Met elke bestelling word jou lojaliteit teenoor ons en jou troeteldier waardeer. Verdien punte deur ons lojaliteitsprogram wat in afslagkoopbewyse omskep kan word.

  • Onthou om jou kontak- en persoonlike inligting op datum te hou. Gaan na jou rekening om veranderinge aan te bring, toegang te kry tot jou bestellingsgeskiedenis en om jou lojaliteitspunte op te eis.

  • Lees ons insiggewende wenke, truuks en raad oor hoe om jou troeteldier te versorg. Ons blog dek jou troeteldier se leefstyl, gewoontes, seisoenale tendense, algemene kwale en meer.