Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Lojaliteit- en Verwysingsprogram

Almal soek iets terug, nie waar nie? By Pet Hero gee ons vir jou daai ietsie terug omdat jy so 'n lojale kliënt is. Pet Hero bied jou twee maniere om afslag op jou volgende aankope te kry, wat jy weer op enigiets in ons katalogus kan spandeer - van hondekos tot oulike speelgoed of harnasse. Jy mag dalk dink, "sjoe, hulle pryse is alreeds so laag". Dis waar, maar ons wil seker maak jy's jou troeteldier se held deur nog meer vir jou te gee.

Lojaliteitsprogram

Die mens-en-troeteldierband is op lojaliteit gebou. Ons weet dat jou troeteldier deel van die familie is en ons wil graag jou hond of kat beloon deur vir jou 'n ekstra geldjie terug te gee wanneer jy by Pet Hero koop.

  • Hoe werk die lojaliteitsprogram?
    Elke keer wat jy 'n suksesvolle aanlynkopie by Pet Hero maak, voeg ons lojaliteitspunte by jou rekening. Jy sal op alle produkte in ons katalogus lojaliteitspunte ontvang. Hierdie lojaliteitspunte kan in 'n koopbewys omskep word wat jy kan gebruik om afslag op jou volgende aankope te kry.
  • Hoe verdien ek lojaliteitspunte?
    Lojaliteitspunte word by jou rekening gevoeg sodra jou bestelling heeltemal voltooi is, bedoelende: dis betaal, by jou afgelewer en jy is tevrede met jou bestelling. Vir elke R10 by Pet Hero gespandeer, ontvang jy 1 lojaliteitspunt. Jy sal op elke produktebladsy en op die betaalpuntbladsy presies kan sien hoeveel punte jy sal ontvang as jy die produk sou koop of die bestelling voltooi.
  • Hoe gebruik ek my lojalitietspunte?

    Is jy opsoek na 'n groter item of soek jy gereelde besparings? Met ons lojaliteitsprogram is dit jou keuse wanneer jy jou opgehoopte punte wil gebruik. Sodra jy gereed is om jou lojaliteitspunte te gebruik, gaan jy na jou rekening en kies My lojaliteitspunte. Hiervandaan kan jy jou lojaliteitspunte in 'n koopbewys omskep wat jy met jou volgende aankope kan gebruik.

    Let wel dat jy die enigste persoon is wat hierdie koopbewys kan gebruik en jy kan dit nie vir iemand anders gee nie.


  • Verval my lojaliteitspunte?
    Jou lojaliteitspunte sal nooit verval nie, wat dit 'n maklike en effektiewe manier maak om vir daai luukse items te spaar wat jy nie op 'n gereelde basis koop nie.
  • Iets lyk vreemd met my lojaliteitspunte…
    Enige tyd wanneer jy op jou rekening ingaan en agterkom iets lyk vreemd met jou lojaliteitspunte, moet jy ons asseblief onmiddellik kontak sodat ons die kwessie kan oplos.

Verwysingsprogram

Om van Pet Hero gebruik te maak het soveel voordele dat jy sommer vir die hele wêreld wil vertel. Ons verwysingsprogram kan vir jou 'n hele paar besparings bring, terwyl jy die woord versprei. Jy kan ook 'n koopbewys verdien vir elke vriend wat jy verwys en wat dan ietsie koop. Die mense wie jy verwys sal ook 'n koopbewys op hul eerste aankope kry. 

  • Hoe werk die verwysingsprogram?

    Jy kan die verwysingsprogram vanaf jou rekening besigtig waar jy vriende kan nomineer deur hulle inligting te verskaf. Ons sisteem sal dan vir hulle 'n e-pos stuur waarna hulle kan registreer en 'n rekening skep. Hulle sal ook 'n koopbewys ontvang wat hulle op hulle eerste aankope kan gebruik. Dis belangrik dat jou e-posadres gespesifiseer word in die e-posveld van die verwyser.

    Wanneer 'n persoon, wie jy borg, hul eerste aankope maak, sal jy ook 'n koopbewys ontvang wat jy met jou volgende bestelling kan gebruik.

    Dit is belangrik om te weet dat jy slegs 'n borg kan word as jy reeds 'n suksesvolle aankope gemaak het.

  • Verval my verwysingskoopbewys?
    Soos met enige koopbewys vanuit ons lojaliteitsprogram, sal koopbewyse deur die verwysingsprogram verdien, nooit verval nie.
Nuttige inligting
  • Ons hou 'n wye reeks kat- en hondeprodukte van al die bekende en betroubare troeteldierhandelsmerke aan. Gee vir jou troeteldiere hul gunsteling produkte, als beskikbaar by jou eenstop aanlyntroeteldierwinkel.

  • Lees ons insiggewende wenke, truuks en raad oor hoe om jou troeteldier te versorg. Ons blog dek jou troeteldier se leefstyl, gewoontes, seisoenale tendense, algemene kwale en meer.

  • Verwys 'n vriend na Pet Hero en jul albei sal 'n afslagkoopbewys ontvang, sodra hulle 'n suksesvolle aankope gemaak het. Meer inligting

  • Met elke bestelling word jou lojaliteit teenoor ons en jou troeteldier waardeer. Verdien punte deur ons lojaliteitsprogram wat in afslagkoopbewyse omskep kan word.

  • Onthou om jou kontak- en persoonlike inligting op datum te hou. Gaan na jou rekening om veranderinge aan te bring, toegang te kry tot jou bestellingsgeskiedenis en om jou lojaliteitspunte op te eis.

  • Geniet die gerief om jou troeteldierprodukte by jou voordeur afgelewer te kry. Loer na ons Afleweringsinligting