Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Hoekom beskerm jy nie jou hond teen vlooie, vlieë, bosluise en muskiete sommer tegelykertyd nie? Dit is moontlik met Advantix Topical vir grootrashonde wat meer as 25 kg weeg. Advantix Topical is ‘n voorkomende behandeling en kan selfs op babahondjies so jonk as 7 weke gebruik word - maak net seker jy gebruik dan Advantix Topical vir kleinras- of dwerghonde, afhangende van die babahondjie se gewig. 

Advantix Topical Bosluis-, Vlooi-, Vlieg-, Muskiet- en Luisbehandeling vir Grootrashonde groter as 25 kg (Boks met 4 Dosisse)

R 790
wasR 831StoorR 41

Beskikbare opsies

Pipette
Vervaardig deur: Advantix
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 78 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 78 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 16. Sien ons lojaliteitsprogram

Advantix Topical vir grootrashonde groter as 25 kg, is ’n topiese behandeling en voorkomingsmiddel van bosluise, vlooie, sandvlieë, stalvlieë en muskiete. Advantix Topical bly vir ’n maand lank effektief. Moet dit nooit op katte gebruik nie (dit sal hulle vergiftig) en dis ook nie geskik vir honde kleiner as 10 kg nie. 

Wat is Advantix Topical vir Grootrashonde?

Advantix Topical is ‘n veelsydige bosluis- en vlooibehandeling wat jou volwasse en babahond vanaf 7 weke sal beskerm teen bosluise, vlieë, vlooie en muskiete. As jou jong hond nog minder as 25 kg weeg, moet jy eerder Advantix Topical vir Kleinrashonde gebruik, afhangende van die gewig.

Hoekom moet ek Advantix Topical vir Grootrashonde koop?

Advantix Topical vir grootrashonde sal bosluise afweer en verlam en vlooie, vlieë, muskiete en vlooielarwes doodmaak.

Watter bestanddele word in Advantix Topical vir Grootrashonde gebruik?

Imidaklopried en Permetrien.

Van watter ouderdom af kan ek Advantix Topical vir Grootrashonde op my hond gebruik?

Advantix Topical vir Grootrashonde is geskik vir honde groter as 25 kg. Dit mag wel op babahondjies so jonk as 7 weke gebruik word, maar maak dan net seker jy gebruik Advantix Topical vir kleinras- of dwerghonde, afhangende van die babahondjie se gewig. 

Wat is die beste manier om Advantix Topical vir Grootrashonde te stoor?

Die ongebruikte buisies van Advantix Topical vir Grootrashonde moet in die oorspronklike boksie in ‘n koel, droë plek gebêre word.

In watter verpakkingsgroottes is Advantix Topical vir Grootrashonde beskikbaar?

Advantix Topical is beskikbaar in ‘n pakkie van 4 buisies - 1 buisie per hond per maand.

  • Voorkom en maak bosluise dood vir tot 4 weke. 

  • Bosluise wat alreeds op jou hond is mag dalk nog vir 2 dae ná behandeling vasklou en sigbaar wees; dit word daarom aanbeveel dat hierdie bosluise tydens behandeling verwyder word. 

  • Maak vlooie binne 1 dag dood en voorkom infestasie vir ten minste 4 weke.

  • Maak vlooie dood voor hulle kan eiers lê.

  • Maak vlooilarwes dood wat in jou behandelde hond se nabyheid kom.

  • Beheer Vlooi-allergiese Dermatitis by honde.

  • Verskaf afweringsaktiwiteit teen bytende vlieë vir ten minste 4 weke.

  • Maak muskiete dood en verskaf afweringsaktiwiteit vir 2 tot 3 weke.

  • Die kombinasie van die werksaamhede werk sinergisties vir 'n verbeterde neurotoksiese effek op parasiete.

  • Kan op dragtige en borsvoedende tewe gebruik word.

  • Advantix moet nie op klein hondjies jonger as 7 weke, of wat minder as 1.5 kg weeg, gebruik word nie.

Moenie op katte gebruik nie.

  • Wend slegs op gesonde vel aan.

  • Alle buisies moet binne 18 maande vandat die foelie oopgemaak is, of voor die vervaldatum, gebruik word - welke een eerste is.

  • Vir maklike aanwending moet jou hond eerder staan.

  • Die produk moet eweredig op vier plekke vanaf die bokant van die rug, die skouers tot en met die punt van die stert, aangewend word.

  • Skei die hare, plaas die punt van die buisie direk op die vel en druk ‘n paar keer hard om die inhoud van die buisie direk op die vel leeg te maak.

  • Moenie Advantix in jou hond se oë of mond laat kom nie.

  • Maandelikse behandeling word aanbeveel vir optimale beheer en voorkoming van bosluise, vlieë, vlooie en muskiete.

Swem en Bad: Advantix bly effektief al word jou hond nat. As die hond gebad moet word, doen dit voor jy die produk aanwend en maak seker jou hond is heeltemal droog, alhoewel dit tot 'n dag mag neem afhangende van die digtheid en lengte van jou hond se hare. Gereelde bad of swem mag ‘n effek hê op die langdurigheid en effektiwiteit van die produk.

Waarskuwing:

MOENIE OP KATTE GEBRUIK NIE: As gevolg van katte se unieke fisiologie en onvermoë om sekere produkte te metaboliseer, moet Advantix nie vir katte gebruik word nie. Om te voorkom dat katte per ongeluk blootgestel word aan Advantix, moet behandelde honde van katte weggehou word totdat die behandelde plek droog is. Moenie katte toelaat om die behandelde area op die hond te lek of teen dit te skuur nie. Raadpleeg jou veearts onmiddellik as jy vermoed jou kat het per ongeluk met Advantix in kontak gekom.

In die afwesigheid van nodige inligting, moet Advantix nie op babahondjies jonger as 7 weke, of honde wat minder as 1.5 kg weeg, gebruik word nie.

  • Hanteer versigtig.

  • Stoor in 'n koel droë plek, weg van voedsel.

  • Hou buite die bereik van kinders.

  • Honde wat met Advantix behandel is moenie vir 48 uur by plekke swem waar daar waterorganismes is nie - die produk kan skadelik wees vir waterorganismes.

  • Na aanwending kan 'n hond verbygaande velsensitiwiteit of lusteloosheid toon, maar hierdie reaksies vind selde plaas.

  • Alhoewel hierdie behandeling dikwels onder verskeie kondisies getoets is, kan dit steeds as gevolg van verskeie redes misluk. As jy so iets vermoed, raadpleeg jou veearts en stel die registrasiehouer in kennis.

Voorsorgmaatreëls:

  • Vermy kontak met vel, oë en mond.

  • Moenie eet, rook of drink terwyl of nadat jy Advantix aangewend het nie - altans nie voor jy jou hande behoorlik gewas het nie.

  • Voorkom besmetting van voedsel, eetgerei, drink water ens.

  • Was hande deeglik na gebruik.

  • Raak op 'n veilige manier ontslae van gebruikte buisies.

  • Die oplosmiddel in Advantix mag sekere materiale vlek, insluitend plastiek, leer, tekstiele en afgewerkte oppervlaktes. Maak seker dat Advantix op die behandelde hond droog is, voordat jy hom toelaat om met hierdie materiale in kontak te kom. 

  • Indien dit op die vel kom: Was onmiddellik met seep en water. Mense met 'n sensitiewe vel kan veral sensitief wees vir Advantix.

  • Indien dit in die oë kom: Hou die ooglede oop en spoel die oë deeglik uit met baie water.

  • As irritasie van die oog of vel voortduur, of as die produk per ongeluk ingesluk word, moet mediese hulp onmiddellik gesoek word. Die produk se inligtingspamflet moet aan die dokter gewys word.

Imidaklopried ............................ 10% m/v

Permetrien ................................ 50% m/v

Path: > >