Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Jou mediumrashond, van min of meer 14 kg, is oortrek met vlooie en bytende luise. Probeer gerus Advantage Topical Vlooivoorkoming vir mediumrashonde. Koop 'n boks met 4 dosisse en behandel jou hond maandeliks oor ‘n tyderk van 4 maande vir totale vlooibeheer.

Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde - 10 tot 25 kg (Boks met 4 Dosisse)

R 534
wasR 563StoorR 29

Beskikbare opsies

Pipette
Vervaardig deur: Advantage
Deur hierdie produk te koop, versamel jy tot 53 lojaliteitspunte . Jou mandjie se totaal is 53 lojaliteitspunte wat omskep kan word in 'n koopbewys van R 11. Sien ons lojaliteitsprogram

Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde is geskik vir honde wat tussen 10 kg en 25 kg weeg. Dit hou jou hond vir tot vier weke vry van vlooi- en luisbyte. Hierdie peste word binne 24 uur uitgeroei ná ’n aanwending van Advantage Topical Vlooivoorkoming. Sou die infestasie ernstig wees, wend weer twee behandelings 2 tot 3 weke uitmekaar, aan. Vir die beste langtermyn resultate, kan Advantage Topical Vlooivoorkoming maandeliks aangewend word. Dit word aanbeveel om Advantage Topical elke keer ná badtyd aan te wend, omdat sjampoe die effektiwiteit van Advantage kan affekteer. 

Wat is Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde?

Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde is ‘n vlooi- en luisbehandeling vir honde wat tussen 10 kg en 25 kg weeg.

Hoekom moet ek Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde koop?

Vlooie kan jou hond miserabel maak, daarom is dit so belangrik om jou hond maandeliks, regdeur die jaar, teen vlooie te behandel.

Dit is belangrik om jou hond so gou as moontlik te behandel, omdat vlooie tot 50 eiertjies per dag kan lȇ. Hierdie eiers kan in jou matte, beddegoed en enige plek wat warm is, opeindig. Hulle broei uit en ontwikkel in vlooie. As jy nie jou hond behandel nie, gaan nog méér vlooie uitbroei en jou hele huis sal naderhand besmet wees met hierdie klein parasiete. Dit kan tot 3 maande neem, en baie geld later, om hierdie pes weer onder beheer te bring.

Watter bestanddele word in Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde gebruik?

Die aktiewe bestanddeel in Advantage Topical is Imidaklopried.

Van watter ouderdom af kan ek Advantage op my hond gebruik?

Advantage Topical vir Mediumrashonde is geskik vir honde so jonk as 7 weke - maak net seker jy gebruik dan Advantage Topical vir kleinras- of dwerghonde, afhangende van die babahondjie se gewig. 

Wat is die beste manier om Advantage Topical te stoor?

Die ongebruikte buisies van Advantage Topical Vlooivoorkoming moet in die oorspronklike boksie in 'n droë, donker plek gebêre word.

In watter verpakkingsgroottes is Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde beskikbaar?

Advantage Topical Vlooivoorkoming is beskikbaar in 'n pakkie van 4 buisies - 1 buisie per hond per maand.

  • Advantage Topical Vlooivoorkoming vir Mediumrashonde maak vlooie en bytende luise binne 24 uur ná behandeling dood en sal voortgaan om jou hond teen herinfestasie te beskerm vir 'n verdere 4 weke.
  • Maak vlooie en bytende luise dood voor hulle kan eiers lê.

  • Vlooie word reeds in hul larwefase doodgemaak as dit in die nabyheid van 'n Advantage-behandelde dier kom.

Hou die buisie in 'n vertikale posisie. Verwyder die proppie van die buisie.

Draai die proppie onderstebo en plaas dit terug op die buisie. Draai en druk die proppie styf op die buisie, sodat die seël breek. Haal dan die proppie van die buisie af.

Vir 'n makliker aanwending, is dit beter as jou hond staan.

Skei die hare aan die agterkant van jou hond se nek, teen die onderkant van die skedel, totdat die vel sigbaar is. Plaas die punt van die buisie op die vel en druk die inhoud deeglik uit sodat dit direk op die vel gesmeer kan word. 

Advantage Topical Vlooivoorkoming het ‘n bitter smaak en honde mag dalk kwyl as hulle die behandelde area dadelik na aanwending lek. Maak dus maar seker om Advantage teenaan die skedel te smeer, sodat dit nie maklik bygekom kan word nie. Moenie dat die produk in jou hond se oë of mond gaan nie.

Advantage Topical Vlooivoorkoming maak vlooie en bytende luise binne 24 uur ná behandeling dood en sal voortgaan om jou hond teen infestasie te beskerm vir 'n verdere 4 weke. Sou die infestasie ernstig wees, wend weer twee behandelinge 2 tot 3 weke uitmekaar, aan. Vir die beste langtermyn resultate, kan Advantage Topical Vlooivoorkoming maandeliks aangewend word. Dit word aanbeveel om Advantage Topical elke keer ná badtyd aan te wend, omdat sjampoe die effektiwiteit van Advantage kan affekteer. 

Waarskuwings:

  • Hanteer versigtig.
  • Bêre Advantage Topical Vlooivoorkoming onder 30˚C in 'n koel, droë plek, weg van kos en voer.
  • Hou Advantage Topical buite die bereik van kinders, oningeligde persone en troeteldiere.
  • Alhoewel hierdie behandeling breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid toestande getoets is, mag dit tog misluk a.g.v. verskeie redes. Indien jy so iets vermoed, raadpleek jou veearts en stel die registrasiehouer in kennis. 

Voorsorgmaatreëls:

  • Vermy kontak met die vel, oë en mond.
  • Moenie eet, drink of rook terwyl of nadat jy Advantage Topical aangewend het nie - altans nie voor jy jou hande behoorlik gewas het nie.
  • Voorkom besmetting met kos, eetgerei, drinkwater ens.
  • Was hande behoorlik na gebruik.
  • Raak van gebruikte buisies op 'n veilige manier ontslae. 
  • Die middel in Advantage mag sekere materiale vlek, insluitend plastiek, leer, tekstiele en afgewerkte oppervlaktes. Maak seker dat Advantage op die behandelde hond droog is, voordat jy hom toelaat om met hierdie materiale in kontak te kom. 
  • Menslike reaksies van oorgevoeligheid - In rare gevalle mag individuele velreaksies (bv. allergieë, irritasie, jeukerigheid) na die hantering van die produk, voorkom. 
  • Indien dit in die oë kom: Hou die ooglid oop en spoel dit behoorlik met baie water uit. Soek mediese hulp indien die irritasie voortduur.
  • Indien dit ingesluk word: Skakel 'n dokter of die Gifbeheersentrum.
  • Indien dit op die vel kom: Was met oorvloedige water en seep. Soek mediese hulp indien die irritasie voortduur.

Nota aan die dokter: Hierdie is 'n nikotiniel-chloried produk - behandel pasiënte simptomaties.

Imidaklopried ............................ 10% m/v

Path: > >