Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Produkte deur Royal Canin

Royal Canin

Royal Canin vervaardig en versprei super topgehalte honde- en katkos wêreldwyd. Royal Canin bied die mees spesifieke voedingswaardes vir katte en honde se gesondheisbehoeftes, deur te bou op konstante verdiepende wetenskaplike kennis. Royal Canin gebruik ‘n suiwer wetenskaplike benadering om diëte te verskaf wat geformuleer is vir die spesifieke behoeftes van troeteldiere van alle vorme, groottes, ouderdomme, leefstyl en ras.


Royal Canin se Ras Gesondheiskos is ‘n reeks wat ontwikkel is spesifiek vir die gesondheidsbehoeftes en vereistes van elke ras deur die beste proteïen bronne, unieke bestanddele en geurmiddels te gebruik. Die kos self is uniek daarin dat die vorm, tekstuur en grootte elke hond se ouderdom en bek pas.   


Royal Canin se Kat Gesondheidskos is ‘n reeks wat spesifiek gemaak is vir elke kat se behoeftes, gebaseer op hulle lewenstyl, sensitiwiteit en ouderdom. Niks is mooier as ‘n kat wat in perfekte fisiese kondisie is nie.  

Royal Canin, Ras Spesifieke, Daaglikse Sorg, Gesondheidsorg, Hondekosvervaardiger, Hondekosverskaffer, Hondekos, Kat kos

Daar is 101 produkte.

Die oomblik wanneer jou klein katjie gereed is om van mammamelk na iets meer solied oor te gaan, is Royal Canin Babycat Instinctive daar om te help. Die sagte kos het ’n romerige mousse-agtige konsistensie wat afspening vergemaklik en is geskik vir katjies tot en met 4 maande oud. Die produk is ook geskik vir katte wat dragtig is of soog.

195 g
R 18 R 19

Sou jou pasgebore of baie jong katjie vervangingsmelk nodig hê, kan niks nader aan die ware jakob kom as Royal Canin se babakatmelk nie. Dit kan gebeur dat Mamma Kat weier om te voed of dat sy nie genoeg melk kan voorsien vir die hoë vereistes van ’n groot werpsel nie. Met Babakatmelk kan jy maar heeltemal gerus wees – dit bied uitstekende...

300 g
R 234 R 246

Royal Canin Babydog Milk is ’n volledige vervangingsmelk en daarom ’n lewensredder vir enige pasgebore hondjie sonder ’n ma. Dit kan ook ’n handige aanvulling wees wanneer jou buurman se hond, Dina, sukkel om genoeg melk vir haar groot werpsel te produseer. Hierdie melkformule is die naaste aan natuurlike hondemelk wat daar te kry is. 

400 g
R 276 R 291

Jou volwasse Beagle-jaghond kan net voordeel trek uit hierdie rasspesifieke kos wat geformuleer is om te help dat jou troeteldier sy ideale liggaamsgewig behou. Royal Canin Beagle Adult is veselryk om jou hond se voedselinname te vertraag en hom aan te moedig om deeglik te kou, in plaas van om die kos teen ’n hoë tempo te verslind en so onnodig gewig op...

12 kg
R 889 R 936

Big Ben, jou Bokserhond is baie aktief en lewendig, maar hy kan hartprobleme ontwikkel as daar nie aan sy dieetvereistes voldoen word nie. Boksers is bekend daarvoor dat hulle aan hartkwale kan ly en as gevolg van hulle aktiewe aard, is hulle gewrigte ook onder druk. Gelukkig is Royal Canin Boxer Adult die resultaat van deeglike rasspesifieke navorsing en...

12 kg
R 889 R 936

Dis belangrik om jou Bokser se hartgesondheid van kleins af dop te hou. Boksers is bekend vir hartkwale, al kom hulle so sterk, lewendig en aktief voor. Begin deur jou hond die regte voeding te gee, wat sy gesondheid sal ondersteun: Royal Canin Boxer Junior vir klein hondjies tot en met 15 maande oud.

12 kg
R 911 R 959

Mamma-hond se liggaam is nou onder geweldige druk, want sy moet haar ongebore hondjies en later ook haar pasgeborenes gedurende haar swangerskap en ná geboorte van hoë gehalte voeding voorsien. Kyk na haar gesondheid met Royal Canin se Starter Mousse vir ma- en babahond. Dis ook geskik om klein hondjies te help speen tot en met 2 maande oud. Dit sal hulle...

195 g
R 28 R 29

Chihuahua’s kan baie fiemies hê, dis vir seker. Wel, julle hoef nie meer deur ‘n maaltyd te stoei nie – voer haar net Royal Canin Chihuahua Adult vir volwasse honde ouer as 8 maande. 

3 kg
R 305 R 322
12 Sakke
R 151 R 159

As jou klein Chuhuahua'tjie (tot en met 8 maande) Royal Canin se Chihuahua-formule eet, tel drie dinge in sy guns: lekker-lekker-lekkerte (hulle het al fiemies van baie jongs af, maar vir hierdie pil kan hulle net nie nee sê nie); die spesiale pilgrootte; en dan laastens die eksklusiewe voedingsinhoud. 

1.5 kg
R 174 R 183

Volwasse Amerikaanse of Engelse Spanjoelhonde ouer as een jaar, sal grootliks baatvind by hierdie volledige rasspesifieke dieet wat hulle harte en hare mooi sal versorg. 

12 kg
R 889 R 936

’n Amerikaanse of Engelse spanjoelhondjie moet ideaalgesproke ’n dieet volg wat sy gewig beheer – selfs as ‘n kleinhondjie onder ‘n jaar. Hulle is geneig om vinnig gewig aan te sit en dit plaas druk op hulle hartspier. Die L-karnitien in die formule help om vet te verbrand. 

3 kg
R 310 R 327
Wys 1 - 12 van 101 items