Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Bosluis- en Vlooibeheer

Daar is 50 produkte.

Jou mediumrashond, van min of meer 14 kg, is oortrek met vlooie en bytende luise. Probeer gerus Advantage Topical Vlooivoorkoming vir mediumrashonde. Koop 'n boks met 4 dosisse en behandel jou hond maandeliks oor ‘n tyderk van 4 maande vir totale vlooibeheer.

4 Pipette
R 508 R 535

Hoekom beskerm jy nie jou hond teen vlooie, vlieë, bosluise en muskiete sommer tegelykertyd nie? Dit is moontlik met Advantix Topical vir grootrashonde wat meer as 25 kg weeg. Advantix Topical is ‘n voorkomende behandeling en kan selfs op babahondjies so jonk as 7 weke gebruik word - maak net seker jy gebruik dan Advantix Topical vir kleinras- of...

4 Pipette
R 752 R 791

Jý sien dit dalk nie, maar jou hondjie kan daai klein pestilensies beslis voel en dis glad nie ’n gevoel van euforie nie! Advocate Topical behandel baie soorte interne en eksterne parasiete en dit sal beslis vir jou hondjie verligting bring. Advocate Topical is geskik vir enige volwasse dwerghond en klein babahondjies ouer as 7 weke wat tussen 1 - 4 kg...

3 pipette
R 279 R 293

Advocate Topical vir Grootrashonde is 'n breëspektrum behandeling wat ontslae raak van verskeie aaklige parasiete. Dit sal jou groot hond, wat tussen 25 en 40 kg weeg, van binne en buite sorgvry hou.

3 pipette
R 552 R 581

Advocate vir Kleinrashonde en babahondjies tussen 4 en 10 kg is ’n breëspektrum parasietdoder. 

3 pipette
R 335 R 353

Dit roep nie ’n mooi prentjie op nie, maar dis ongelukkig waar dat jou mediumrashond wat tussen 10 en 25 kg weeg, sekere interne en eksterne parasiete onder lede kan hê. Behandel hom met Advocate, ’n breëspektrum voorkomingsmiddel.

3 pipette
R 450 R 474
1 eenheid
R 178 R 187

Maak korte mette met daardie irriterende, bytende vlooie en luise met Bravecto (1 400 mg) vir reusehonde. Dis ’n smaaklike, koubare tablet wat sistemies opgeneem word om vlooie en luise vir drie maande doeltreffend te beheer. Dit reageer vinnig en hou lank. Neem asseblief kennis dat hierdie produk nie geskik is vir katte nie.

1 tablet
R 515 R 543

Bravecto (1 000 mg) is spesifiek geformuleer as ’n doeltreffende langdurige luis- en vlooibehandeling vir honde wat tussen 20 - 40 kg weeg. Dit word mondelings toegedien in die vorm van ’n lekker, koubare tablet en dan is jou hond pesvry vir die volgende drie maande. Hierdie vinnig reagerende tablet kan nie aan katte gegee word nie.

1 tablet
R 410 R 432

Bravecto (500 mg) is die perfekte pesbeheer teen vlooie en luise op jou mediumgrootte hond en behandeling is langdurig oor ’n tydperk van drie maande. Hierdie koubare tablet word sistemies opgeneem sodat dit vlooie en luise kan aanhou termineer. Dit reageer binne 8 tot 12 ure en word nie vir katte aanbeveel nie.

1 tablet
R 316 R 333

Is jy bekommerd oor jou dwerghondjie se alewige gekrap? Daar’s hulp! Bravecto se 112.5 mg smaaklike kouhappie is spesiaal geformuleer om klein hondjies jeukvry te maak, deur al die peste en plae wat sy lyfie betrek, uit te roei. Vlooie en luise word dadelik en effektief vir ’n langdurige 12 weke vernietig. Waarskuwing: Hierdie produk moet liefs nie aan...

1 tablet
R 243 R 256

As Buksie kan kou, is Bravecto (250 mg) vir die volgende drie maande sy beste maat (dis nou bo en behalwe jy, natuurlik). Hoekom? Want Bravecto is sy antwoord vir die doeltreffende en langdurige beheer oor daardie hoppende, krioelende vlooie en luise wat hom so kan frustreer dat hy homself gereeld stukkend krap. Die smaaklike 250 mg-tablet is geskik vir...

1 tablet
R 243 R 256