Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Produkte deur Probono

Probono

Probono streef daarna om die heerlikste en voedsaamste beskuitjies vir honde te vervaardig. Probono beskuitjies word handgemaak, en met liefde en sorg sorteer en verpak. Probono beskuitjies word hard genoeg gebak om jou troeteldier genoeg te gee om aan te kou, wat blink wit tande en gesonde tandvleis aanhelp. 

Probono, hond lekkerny, Probono beskuitjies, beskuit lekkerny, handgemaakte hondelekkernye, gesonde versnapperings

Daar is 14 produkte.
350g
R 46 R 48
350g
R 46 R 48

Selfs groot honde soos Bosveld, gee glad nie om om nou en dan bederf te word nie. Gee gerus vir hom elke dag 'n oorspronklike ProBono-hondekoekie. 

1 kg
R 52 R 54

Haai Ysbeer, wat dink jy van ’n bietjie oondgebraaide beesvleis? Klink dit lekker? Wel, kom kry vir jou een van ProBono se beskuitjies vir groot honde, wat na pure vleis smaak!

1 kg
R 52 R 54

Nie lus vir braaiboud vandag nie? Wat dan van ribbetjie? En hoekom dan nie? ProBono-beskuitjies kom in vele geure om van te kies en jou klein karnivoor sal dit sommer baie waardeer om elke dag van die week ’n ander vleissmaak te geniet. 

1 kg
R 52 R 54

Koekies – die naam sê dit alles – is mal oor koekies. Moenie haar die ou plesiertjie van ’n daaglikse ProBono-koekie ontneem nie. 

1 kg
R 52 R 54

Hou Java geïnteresseerd in haar hondebederfhappies, deur die geur elke nou en dan af te wissel. ProBono maak geroosterde vleis-beskuitjies vir kleinrashonde en dis ’n heerlike alternatief tot die oorspronklike ProBono-geur.

1 kg
R 52 R 54

Nog ’n ProBono-variant is die ribbetjie-gegeurde hondekoekie vir kleinrashonde. Dit kan as ’n daaglikse kosaanvulling vir jou honde gegee word – dis heerlik om aan te kou en baie gesond. 

1 kg
R 52 R 54

Dieetkundiges by ProBono het ’n bros hondebeskuitjie ontwikkel, wat as ’n beloning of bederfie vir jou kleinrashond gegee kan word. 

1 kg
R 52 R 54

ProBono se Light-hondebeskuitjies is doeltreffende happies vir honde wat daarvan hou om aan ietsie ekstra te knaag, maar wat gewig moet dophou. 

1 kg
R 52 R 54

Pet Hero stel jou bekend aan ’n daaglikse hondebederfie met lae kalorieë, maar steeds smullekker. Deel ’n bietjie liefde en gee jou hond hierdie handgemaakte beskuitjie. 

650 g
R 42 R 45

Pamperlang jou hond met iets plaaslik en spesiaal. ProBono se versierde hondekoekies word hier in Suid-Afrika gemaak en versier met ’n lagie wat soos sjokolade proe, maar sonder enige skadelike nagevolge.  

1 eenheid
R 37 R 39
Wys 1 - 12 van 14 items