Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Volwasse

Daar is 54 produkte.

Alle katte – klein en groot, oud en jonk – kan Acana se Pacifica geniet, met ’n verskeidenheid van wildgevangde vis en sonryp vrugte en groente. 

5.4kg
R 862 R 907

Vertrou op Acana Wild Prairie vir die natuurlikste en lekkerste katkos vir katte van enige ouderdom of grootte. 

5.4kg
R 766 R 806

Volwasse katte sal beslis nie Hill's Science Plan Feline Chunks in Gravy kan weerstaan nie en jy sal dit net so handig vind. Dis niks anders nie as 'n heerlike, draagbare, vars katkos in 'n sakkie. Die multipak bestaan uit 12 x 85 g kossakkies met hoender- of kalkoengegeurde vleisstukkies in sous. 

R 144 R 151

Hill’s Adult Indoor Cat is eksklusief vir katte geformuleer wat geen toegang tot die buitelewe het nie. Dit voldoen aan al jou kat se voedingsbehoeftes en ’n groot pluspunt vir die eienaar is dat dit ook jou kat se ablusiereuke onderdruk.

4 kg
R 373 R 392
2 kg
R 258 R 271

So, Vaatjie is ietwat aan die ronde kant? ’n Gesonde gewig kan hom baie gesondheidsprobleme spaar, so waarom voer jy hom nie Hill’s Feline Adult Perfect Weight nie? Dit sal hom help om sommer in ’n japtrap weer sy doelgewig te bereik en te handhaaf. 

8 kg
R 660 R 695

Sekere katrasse, soos die langhaar Persiese kat, sukkel dikwels met die vorming van haarbolle in hulle maag, wat hulle dan moet opbring. Hill's™ Science Plan™ Feline Adult Hairball Control met ’n hoendergeur, dra tot jou kat se daaglikse gemak by deur haar te help om minder haarbolle te vorm.

5 kg
R 465 R 489

Kies Hill's™ Science Plan™ Feline Adult Light Chicken as jy 'n volgroeide kat, jonger as 7 jaar oud het, wat maklik gewig aansit.

5 kg
R 465 R 489

Hill's™ Science Plan™ Feline Adult Optimal Care™ Chicken is die perfekte kos vir enige volwasse kat ouer as een jaar. Laat jou kat se tong tintel met hierdie heerlike droë kosresep.

15 kg
R 925 R 973

Hill’s Science Plan Feline Optimal Care vir volwasse katte is hoendergegeurde nat kos in ’n blikkie geskik vir volwasse katte tussen 12 maande en 7 jaar. 

82g
R 12 R 13

Volwasse

‘n Kat word gesien as ‘n volgroeide/volwasse kat tussen die ouderdom van een tot ses jaar. Dit is belangrik dat ‘n volwasse kat gedurende hierdie lewensfase die regte geformuleerde kos eet om te verseker dat hulle genoegsame voedingstowwe inkry. Dit sluit die regte hoeveelheid kalorieë en vitamiene vir volhoubare energievlakke in.