Mandjie

Geen produkte nie

Aflewering Om bepaal te word
Belasting R 0
Subtotaal R 0
Pryse sluit belasting in

Filtreer

Rasspesifieke Diëte

Daar is 37 produkte.

Jou volwasse Beagle-jaghond kan net voordeel trek uit hierdie rasspesifieke kos wat geformuleer is om te help dat jou troeteldier sy ideale liggaamsgewig behou. Royal Canin Beagle Adult is veselryk om jou hond se voedselinname te vertraag en hom aan te moedig om deeglik te kou, in plaas van om die kos teen ’n hoë tempo te verslind en so onnodig gewig op...

12 kg
R 889 R 936

Big Ben, jou Bokserhond is baie aktief en lewendig, maar hy kan hartprobleme ontwikkel as daar nie aan sy dieetvereistes voldoen word nie. Boksers is bekend daarvoor dat hulle aan hartkwale kan ly en as gevolg van hulle aktiewe aard, is hulle gewrigte ook onder druk. Gelukkig is Royal Canin Boxer Adult die resultaat van deeglike rasspesifieke navorsing en...

12 kg
R 889 R 936

Dis belangrik om jou Bokser se hartgesondheid van kleins af dop te hou. Boksers is bekend vir hartkwale, al kom hulle so sterk, lewendig en aktief voor. Begin deur jou hond die regte voeding te gee, wat sy gesondheid sal ondersteun: Royal Canin Boxer Junior vir klein hondjies tot en met 15 maande oud.

12 kg
R 911 R 959

Chihuahua’s kan baie fiemies hê, dis vir seker. Wel, julle hoef nie meer deur ‘n maaltyd te stoei nie – voer haar net Royal Canin Chihuahua Adult vir volwasse honde ouer as 8 maande. 

3 kg
R 305 R 322
12 Sakke
R 151 R 159

As jou klein Chuhuahua'tjie (tot en met 8 maande) Royal Canin se Chihuahua-formule eet, tel drie dinge in sy guns: lekker-lekker-lekkerte (hulle het al fiemies van baie jongs af, maar vir hierdie pil kan hulle net nie nee sê nie); die spesiale pilgrootte; en dan laastens die eksklusiewe voedingsinhoud. 

1.5 kg
R 174 R 183

Volwasse Amerikaanse of Engelse Spanjoelhonde ouer as een jaar, sal grootliks baatvind by hierdie volledige rasspesifieke dieet wat hulle harte en hare mooi sal versorg. 

12 kg
R 889 R 936

’n Amerikaanse of Engelse spanjoelhondjie moet ideaalgesproke ’n dieet volg wat sy gewig beheer – selfs as ‘n kleinhondjie onder ‘n jaar. Hulle is geneig om vinnig gewig aan te sit en dit plaas druk op hulle hartspier. Die L-karnitien in die formule help om vet te verbrand. 

3 kg
R 310 R 327

Die worshond is ‘n ongewone hond met sy lang lyf en kort beentjies. By Pet Hero erken ons dat jou troeteldier spesiale voedingsaandag nodig het en ons sorg dat hierdie voeding aanlyn by ons beskikbaar is. Royal Canin Dachshund Adult is rasspesifiek vir worshonde ouers as 10 maande. 

7.5 kg
R 621 R 653
12 Sakke
R 153 R 161

Klein worshondjies, jonger as 10 maande, het niks meer nodig as Royal Canin Dachshund Junior vir optimale groei en ontwikkeling nie. Dit dien as ’n volledige dieet. 

1.5 kg
R 174 R 183

Kom ons wees nou eerlik, jou Engelse bulhond vind dit nie maklik om sommer enige hondepil op te tel en te eet nie. Koop Royal Canin English Bulldog Adult, dis spesiaal geformuleer om jou bulhond aan te moedig om te kou en jou gunsteling-troeteldier se aandete-nagmerries is finaal verby.

12 kg
R 889 R 936

Rasspesifieke Diëte

Verskillende honderasse het verskillende eienskappe wat van hulle helde maak en dit vereis soms spesifieke kos vir elke ras. Spesifieke rasse het spesifieke behoeftes. Om jou hondeheld te voer volgens hulle spesifieke ras, verseker dat hulle gesondheidsbehoeftes of spesifieke siektes in ag geneem word.